Kategese
Geloofsvorming en geloofsonderskeiding speel vir ons ‘n kern rol binne ons jeugbediening. Ons poog daarin om vir elke kind ‘n spasie te skep waar hulle relevant saam met hul vriende kan groei in hulle geloof.
Voorskoolse toepassing vind tydens die oggend erediens plaas waar ons die boodskap van die preek op ‘n praktiese manier by hierdie groepie tuismaak.
- Tydens die oggend erediens het Gr1-Gr3 hul kategese groepies waar hulle fokus op Bybelse leringe.
- Gr4- Gr7 het tydens die erediens die opsie om eredienstoepassing by te woon in die Ark, of om in die erediens te bly. Hulle het kategese na die oggend erediens met die fokus op hoe om as dissipel van Jesus te leef vanuit my geloof binne die lewe wat ek nou leef.
- Gr8-Gr11 het hul kategese groepe 17h30-18h30 Sondag aande. Gr8-Gr10 fokus op dissipelskap.
- Gr11 is in hul finalejaar van kategese en fokus op voorbereiding vir hul Belydenisaflegging.
Kontak ons as jy kan help, wil betrokke raak, of vir meer inligting: