Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48 – Familiediens

Ek het onlangs die boek van Stephen Meyer gelees. Return of the God Hypothesis. Hy fokus in die boek op drie uiters belangrike wetenskaplike ontdekkings wat die geloof in God ondersteun. 1. Die bewyse uit die kosmologie wat daarop dui dat die materiële heelal ‘n begin gehad het. 2. Die bewyse uit die fisika wat toon dat die heelal van die begin af “fyn ingestel” is om lewe moontlik te maak. 3. Die bewyse uit die biologie wat wys dat elke sel van elke lewende wese ‘n enorme hoeveelheid funksionele genetiese inligting nodig het om te kan bestaan. Die boek het my geweldig geïnspireer. ‘n Mens kan God se werk oral sien in die wêreld rondom ons. Maar, daar is meer. Want, die boek van die skepping kan nog nie vir ‘n mens by ‘n verhouding met hierdie God uitbring nie. Die feit dat alles so fyn ingestel is, soos die binnewerk van ‘n akkurate horlosie, dat die natuurwette so fyn beplan is en altyd en oral geld, kan ‘n mens nog nie by ‘n verhouding met God uitbring nie. Daarvoor het ‘n mens die openbaring van God nodig. Dit was ons in die Bybel kry. Kom luister watter perspektief Lukas 24 vir ons op God gee deur die opstanding en verskyning van Jesus aan die dissipels. En word weer geïnspireer om ‘n getuie te raak van hierdie dinge.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.