Is jy in of is jy uit? Hand.10:44-48 Erediens 9 Mei 2021

Is jy in of is jy uit? Hand.10:44-48 Erediens 9 Mei 2021 Ek kom noudiedag op ‘n berig en video af van ‘n matriekleerling wat pas haar verstandtande laat verwyder het. Soos die narkose begin afweer, begin sy met haar ma gesels. Haar ma vang toe hierdie gesprek vas op kamera. Hierdie dogter het herhaaldelik vir haar ma gesê: “Mamma, ek wil ‘n Pukkie wees! Ek wil nêrens anders heengaan nie, net soontoe.” Sy wou baie graag inkom om by die Universiteit van Potchefstroom / of Pukke te gaan studeer. En sy het toe uiteindelik. Die video wat haar ma geneem en op sosiale media geplaas het, het die bestuur van die universiteit se hartsnare geroer en hulle het selfs vir haar ‘n beurs aangebied om haar registrasiefooi mee te betaal. Wou jy ook al graag met ‘n sekere groep mense vriende gewees het? In ‘n sportspan gespeel het? Vir ‘n kursus gekeur word? ‘n Pos by ‘n maatskappy kry? Wil jy dalk net raakgesien en vriendelik gegroet word deur mede-gelowiges? Of net bloot soos ‘n gewaardeerde lid van jou gesin voel? Of dit nou by die huis, skool, universiteit, werk of kerk is… ons het die behoefte om in en nie uit te wees nie, om aanvaar te word, om te behoort. Dit was ook waar vir die nie-Jode en heidene wat tot bekering gekom het. Ons lees vandag Hand.10:44-48 en hoor hoe God ons wat soms “uit” voel, troos. Hy help ons om iets verstaan wat dit beteken om “in” Hom te lewe. En Hy moedig ons aan om ook ander “in” te nooi in verhouding met ons en bowenal met Hom.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.