Huishulpe

Hier word ‘n tuiste geskep vir vroue wat ver van hulle families woon en werk. Huishulpe wat in Somerstrand woon, ontmoet Dinsdagaande om 19:00 by die kerkgebou.  Daar word ‘n boodskap gelewer, saam gebid en gesing.  Daarna doen hulle handwerk en kuier gesellig saam. Hulle benodig altyd wol, breipenne, gare, materiaal, ens.  Kontak ons [skakel] as jy kan help, wil betrokke raak, of vir meer inligting.”

Foto’s van handwerk vanaf Facebook.

     

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Diederiks, ek het self dit nou weer gelees. Dit is darem net só fundamenteel tot ons hele verstaan van die werklikheid. Ek is só dankbaar dat ek die waarheid ontdek het. Seën vir jou!

  • Avatar

    Diederiks van Zyl

    |

    Baie dankie vir hierdie preek oor die “Solas”, veral “Sola Sriptura”.

  • Avatar

    Rethie van Niekerk

    |

    Hallo Marita. Ai, jammer dat jy moes sukkel! Ons het wel toilette vir gestremdes, met o.a. ‘n handvatsel teen die muur. Dankie dat jy ons daarvan bewus maak dat dié toilette nie duidelik gemerk is nie! Ons sal plan maak!

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Marita. Dit is ‘n goeie idee. Ons sal aandag gee. Dankie!

  • Avatar

    Marita Kotze

    |

    Ek is bejaard, nie heeltemal rolstoel gebonde nie, maar sukkel om van ‘n lae toilet af op te staan. Ek het Dinsdagaand se pragtige musiek konsert baie geniet, maar moes hulp vra om van sie toilet af op te kom. Tuis kan ek op die bad se rand druk om op te staan. Dit het nie vir my gelyk of u maklik ‘n toilet vir gestemdes kan installer nie, maar vir mense soos ek kan ‘n handvatsel teen die muur of sels ‘n ingeboude toiletrol houer of selfs ‘n stewige houer vir gebruikte sanitere dovekies groot verleentheid bespaar. Baie dankie,
    Marita Kotze