HOOGLIED 3:6-11 – Week 1

Kleingroep materiaal – HOOGLIED 3:6-11 – Week 1

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle drome rondom die huwelik.  Deel ook julle ervaring van troues, beide die voorbereiding, die seremonie en die onthaal daarna.
  • Wat leer die Here jou daarvan of daardeur?
  • Word stil en laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

Lees Hooglied 3:6-11

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Die Sulammitiese vrou droom van haar troudag.  Die metafore wat Hooglied gebruik om die dag te beskryf, is ryk aan betekenis:

  • Die verwysing na die “goddelike” geure, laat ‘n mens dink aan die huwelik as ‘n godsdienstige seremonie soos by dié van die tempel.  Dit is waarmee die bruid (die woordjie Wie dui op die vrou in die oorspronklike) haarself wil aanbied vir haar bruidegom.  Die woord wat vir rookwolk gebruik word, kan ook met die wolkkolom in die woestyntyd verbind word (Eks 13:22), wat ‘n goddelike betekenis aan die huwelikseremonie verleen – 3:6;
  • Die verwysing na die optog begelei deur soldate, laat ‘n mens dink aan die huwelik as ‘n koninklike seremonie soos by dié van Salomo.  Die huwelik het egter ‘n groter waarde, wat afgelei kan word uit die getal sestig, twee keer meer as Dawid se dertigtal helde (2 Sam 23:18-19).  Dit verleen ‘n koninklike betekenis aan die huwelik.  Die huwelik gee ‘n koninklike karakter aan die bruidspaar en aan hulle verbintenis  – 3:7-8;
  • Die noukeurige beskrywing van die drastoel dui op die weelderige beplanning van en vir die huwelik.  Die drastoel was waarskynlik ook bedoel as die huweliksbed, vandaar die funksie van die soldate om dit te beskerm van die “nag se gevare” (wat moontlik kan dui op ‘n simboliese of seremoniële verdrywing van die demone wat die huwelik kon bedreig).  Dit verleen ‘n beskermde betekenis aan die huwelik.  Alles moet in die stryd gewerp word om die vreugde van die huwelik te beskerm en bewaar van gevare van buite  – 3:9-10;
  • Dat die vroue van Sion na die bruidegom moet kom kyk op sy huweliksdag, beteken waarskynlik dat hulle daarmee die boodskap kry dat hy afgesonder is vir sy bruid en nie meer vir hulle of ander beskikbaar sou wees nie.  Dit verleen ‘n eksklusiewe betekenis aan die huwelik – 3:11;
  • Dit alles vind plaas onder die moeder van die bruidegom se wakende, maar darem ook goedkeurende oog.  Dit versterk die uitgebreide familie betekenis van die huwelik.  Die uitgebreide familie het ‘n beduidende impak op die huwelik (dit is natuurlik wedersyds) en ‘n mens moet daarmee rekening hou – 3:11.
  • Bespreek.

LEEF EN ONTPLOOI

 Deel met mekaar wat jy vandag van die huwelik en die liefde geleer het.  Hoe help die teks jou om anders te dink daaroor?

  • Sluit af met ‘n gebed.


     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Genévieve Young

    |

    ASAP

    Ek is n 2de jaar Argitek student, van NMU.
    Ek is dringend opsoek na n tuinwoonstel.

    1 or 2 bedroom/s
    1 or 2 bathroom/s
    Kitchen
    1 or 2 Parking/s (secured)
    Space to work (medium space required)

    Kontak my groot asb.
    Genévieve Young
    060 6514 417
    Of Morné Young
    082 4211 984

  • Avatar

    Anita

    |

    So jammer ek het nie voorheen kommentaar gesien nie. Sy is geholpe. Dankie

  • Avatar

    Carla

    |

    Hi, is die woonstel nog beskikbaar?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Elizabeth, jou vraag is relevant. Vir my gaan dit alles oor konteks. Die regte ding in die verkeerde konteks kan ‘n mens ontstel, terwyl in die regte konteks dit ‘n mens kan ophef. Die idee van Jesus as die Heer van die dans kan goed met sy eie opmerkings oor sy boodskap in hierdie teks verbind word. In ander kontekste kan dieselfde boodskap oor die dansende Jesus afbreek doen aan sy Goddelikheid. Groete.

  • Avatar

    Elizabeth

    |

    Dankie vir die preek..
    Ek het die lied in ‘n video gesien waar daar ballet gedans word met die ” Tema Dance with Me”. Dit was pragtig maar ek het gevoel dit pas nie.
    Was ek verkeerd?
    Ek het hulp gesoek en -Kom na My toe – en op hierdie preek afgekom.
    Baie dankie dit was verfrissend.
    Goeienag.
    Elizabeth