Hoe gemaak met straatkinders?

ACVV Kamvalethu Straatwerkprogram is ‘n geregistreerde NWO (003-588) wat poog om straatkinders te help  om hul stukkende lewens te herstel.  Hulle werk aan langtermyn oplossings wat die kind help om terug te keer skool toe, asook na sy/haar eie gemeenskap.  Soms word hulle in die Khayalethu Jeugsentrum geplaas.

Kamvalethu het ‘n Maatskaplike Werker en twee straatwerkers wat op die straat uitgaan en verhoudings bou met die straatkinders.  Verskeie programme word elke dag aangebied.  Die programme fokus daarop om die kinders en hul families te bemagtig, om sodoende die kinders van die straat af te kry.  Die kinders ontvang ook kos en klere van die sentrum.  Hulle kry ook geleentheid om hulleself en hul klere te was.

Moet asb. nie vir straatkinders geld gee nie!  Gee eerder die geld wat jy vir die kind sou gee, vir Kamvaletu.

Bank: ABSA PE North End

Takkode: 632005

Rek nr: 164 014 0670

Vir verdere besonderhede, kontak Catherine van Rensburg by  041 451 0966

     

Trackback from your site.

Leave a comment