Hemelvaart erediens vanaand om 18:30 op Youtube
Hemelvaart 18:30 vanaand by https://youtu.be/HrZguMV6es4
Ons begin ons Pinksterdienste met die boodskap van Openbaring.
Openbaring begin met hierdie boodskap. Jesus op die troon in die hemel. In sy Goddelike-menslike gestalte. Wat vir ons moed gee vir ons stryd vir die geloof. Hy is vanuit die hemel besig om sy koninkryk te vestig. Wat ons troos vir die uitdagings wat ons moet trotseer. Hy weet waardeur ons gaan. Hy het trouens dieselfde dinge gely en getriomfeer.
En waarmee Hy die eerste hoofstuk begin is om nie net sy hemelvaart te beklemtoon nie, maar sy wederkoms. “Kyk, Ek kom gou!” Jesus kom weer!
Dit is die boodskap van hierdie Pinkster. Dit is waarmee die Here Jesus jou wil troos en jou wil moed inpraat vir die stryd vir die evangelie in hierdie wêreld.
Laai ook die boek af waarop die reeks gebaseer is en lees die boek Openbaring deur aan die hand van my begeleiding.