Grondhervorming en landelikde ontwikkeling

Tydens die debat aan die hand van die verslag oor grondhervorm-ing en landelike ontwikkeling by die pas-afgelope Algemene Sinode boerderygemeenskap vir die wyse waarop hulle, in ’n gees van konstruktiewe betrokkenheid, die afgelope jare sedert die nuwe staatkundige bedeling in Suid-Afrika (1994) tot stand gekom het, bereid was om verskillende psigiese en politieke grense oor te steek om tot die staat se Grondhervormingsbeleid by te dra. Die sinode het hulle aangemoedig om in geloof en vertroue daarmee voort te gaan aangesien dit ooglopend en vanselfsprekend is dat die regering alleen, sonder privaatsektor-betrokkenheid, nie grondhervorming sal kan laat slaag nie.

Die Algemene Sinode besef ook met hartseer dat daar deur die boerderygemeenskap al tot dusver groot offers betaal is, wat juis ook blyk uit die ontstellende hoë gewelddadige sterftes (moorde) onder hierdie sektor van ons samelewing.

Een van die afgevaardigdes het entoesiasties ’n lansie gebreek vir die Amos-projek en Farming God’s way.

Wanneer mens oor grondhervorming praat, aanvaar die Alge-mene Sinode dit as uitgangspunt dat grondhervorming, in ‘n Suid-Afrikaanse konteks (en veral teen die agtergrond van ons unieke geskiedenis), vanuit Christelike oortuiging geregverdig en nood-saaklik is. Voorts aanvaar die Algemene Sinode dit ook as uit-gangspunt dat blywende vrede en voorspoed vir alle inwoners van ons lande in Suidelike Afrika vanuit ons Christelike geloof ge-motiveer kan word – en wil die verantwoordbare proses (waarin reg en geregtigheid geskied teenoor almal) tot die verkryging van hierdie ideaal voorstaan en help bevorder.

Boodskap aan regering
Die Algemene Sinode doen ’n beroep op die regering om alles in die stryd te werp om met ’n nuwe beleidsdokument oor Grondhervorming vorendag te kom – wat in terme van die waardes van die Grondwet (met spesifieke verwysing na Artikels 9 en 25) uitgewerk word tot bevrediging van al die partye betrokke.

Die Algemene Sinode verseker ook die regering dat die kerk (ook in ekumeniese verband) sy volle samewerking sal gee in die formu-lering en uitvoering van ‘n billike grondbeleid op grond van hierdie Grondwetlike waardes.

Die Algemene Sinode wil ook ‘n duidelike getuienis teenoor die staat lewer oor versoenende geregtigheid. Dit beteken dat reg en geregtigheid ten opsigte van die regte en menswaardigheid van alle mense (wat dus vanselfsprekend die hele boerderygemeenskap insluit) tot uitvoering moet kom – en dat die kerk vanuit sy Godgegewe roeping ook die staat hiervoor verantwoordelik sal hou (Artikel 36 van die NGB).

Die Algemene Sinode doen verder ’n beroep op die regering (en sal dit skriftelik aan hom stel) dat die voedselsekuriteit van ons land, as ‘n voorvereiste vir vrede, stabiliteit en voorspoed, nie verder gekompromitteer mag word nie – veral en juis gesien in die lig van die groot aantal voorheen produktiewe plase wat op ‘n ramp-spoedige en onomkeerbare wyse uit die voedselketting verdwyn het.

Die Algemene Sinode is oortuig daarvan dat die onteiening van kommersiële landbougrond (op watter wyse ookal gedoen) op sigself NIE die huidige ellende van 50% van Suid-Afrika se bevolking (wat blootgestel is aan die destruktiewe armoedekultuur waarin hulle noodgedwonge leef) gaan verbeter nie. Die teendeel kan eerder waar wees, aangesien kommersiële boerdery tans nog ‘n groot verskaffer van werksgeleenthede is.

Gebedsversoek
Die Algemene Sinode doen ‘n beroep op al die strukture van die NG Kerk om ‘n gebedsaksie rondom grondhervorming te loods waarin voorbidding vir alle betrokkenes gedoen word (nuwe begunstigdes, die kommersiële landbousektor en die regering).
(Met dank uit Feldmuis oorgeneem)

     

Trackback from your site.

Leave a comment