GriefShare – Stephan Bothma

GriefShare is vir mense wat ’n lewensmaat, ’n kind,  ’n familielid of ’n vriend verloor het.  Indien jy nie op die oomblik optimisties oor die toekoms voel nie, is dit heel moontlik omdat die pyn van hierdie verlies nog vir jou net te erg is.  GriefShare is ’n vriendelike groep mense wat vir jou sal omgee en jou sal bystaan deur een van die moeilikste fases van die lewe.   Jy hoef dus nie alleen deur jou rouproses te gaan nie.  Die dertien Bybel gebaseerde ondersteuningsessies bestaan uit video-insetsels van kundiges en ondersteunende gesprekke met ander.  Die ander mense in die groep is self bekend met die rouproses en verstaan waardeur jy gaan.  Kom deel jou ervarings en jou vrae met mense weet.

     

Trackback from your site.

Leave a comment