God ver-Lig ons lewe – 2 Korintiërs 4:1-6
Ons lees vandag saam uit 2 Kor. 4:1-6, met die klem wat val op vers 6 – “God wat gesê het: ‘Laat daar lig skyn uit die duisternis,’ het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.” Ons beantwoord die vraag (maar gedeeltelik, want daar is soveel meer te sê!): Hoe verlig God ons lewe? Mag die insig/te waartoe God ons bring, ons wat in die wêreld vol donkerte leef en ook met ons eie innerlike donkerte gekonfronteer word, vertroos om te weet God is by ons. Hy ontmoet ons waar ons is! Hy roep ons dan ook uit die donker uit om in die lig te lewe. Dit is egter slegs moontlik deurdat ons onsself ingrawe in SY Woord en werklik vir Jesus leer ken. Mag die donkerte ons nie moedeloos maak nie, maar juis aanspoor daartoe om God se lig te reflekteer, want…
Die kleinste kers se liggie
Kan die diepste donker breek
En ‘n duisend ander liggies
Kan by daardie een aansteek
Dan by daardie duisend liggies
Nog miljoen of twee of tien
Totdat almal in die wêreld
Deur die donkerte kan sien
-Amanda Strydom