This page was exported from Somerstrand Gemeente [ https://ngkerksomerstrand.co.za ]
Export date: Mon Sep 23 11:12:08 2019 / +0000 GMT

Geloofsvorming



Aanbidding

Ons aanbidding bediening sluit al ons eredienste in. God ontmoet ons daar deur sy Woord en Gees.

Leraar: Chris van Wyk (041 583 5115)   Ouderling: Janneke Jacobs(041 583 5115).

Musiekbediening

Musiek speel 'n belangrike rol in ons aanbidding en ons het verskeie musiek bedienings:

Nagmaalbediening

Hierdie bediening reël ons gemeente se nagmaalvieringe tydens ons eredienste en by die Echo oorde, Somerson en Cheshire. Kontak André van Rooyen (041 583 3662).

Verwelkoming tydens die eredienste

Hierdie is 'n nuwe groep wat ons gemeente en veral besoekers en nuwelinge by ons eredienste verwelkom. Kontak vir Tiaan van Eyk (041 583 5115) wat die aanddiens span lei en Jannie du Preez (041 583 2593)  wat die familiediens span lei.

Gebed voor eredienste

Hierdie span bid voor elke erediens saam met die leraar vir die diens. Kontak Christene Veldsman (041 583 3341) vir meer inligting oor die familiediens se gebedsgroep. Ons is nog op soek na iemand wat hierdie bediening vir die aanddiens kan lei.

Dankoffer Administrasie

Hierdie groep ontvang, tel en administreer dankoffers met die familiediens. Kontak Valda de Villiers (041 583 2008) en Herman Rossouw (041 583 3458).

Video-opnames

Ons neem elke familiediens per DVD op. Hierdie video word dan tydens 'n weeklikse diens by Waltonpark gewys. Kontak Dora Schutte (041 583 2216).

Biddend Luister

Ons gemeente bid spesifiek vir die gemeente aan die hand van 'n gebedsbrief wat elke Vrydag per e-pos uitgestuur word. Kontak vir Rethie van Niekerk (041 583 5115) om hierdie gebedsbrief te ontvang.  Hier is die voriges wat afgelaai kan word:

Toerusting

Bybelse geloofsvorming is een van ons kernwaardes. Ons glo dat ons hele gemeente voortdurend toegerus moet word om dissipels te wees en dissipels te maak.

Leraar:  Chris van Wyk  (041 583 5116)   Ouderling: Juliette le Roux (041 583 1299)

Kategese

Geloofsvorming en geloofsonderskeiding speel vir ons ‘n kern rol binne ons jeugbediening. Ons poog daarin om vir elke kind ‘n spasie te skep waar hulle relevant saam met hul vriende kan groei in hulle geloof.

Huisgeloof

Al voel dit nie altyd so nie, wys navorsing dat ouers by verre die grootste invloed op hul kinders se geloofsontwikkeling het.  Die Huisgeloof bediening rus ouers toe vir hierdie belangrike taak met jaarlikse gesinsbyeenkomste, huisgodsdiensmateriaal, ander hulpmiddels en 'n mylpale-bediening wat spesiale mylpale (soos Gr 1, 8 en matriek) vier.  Ons soek nog iemand om verantwoordelikheid vir die administrasie van hierdie bediening.  Kontak vir Rethie van Niekerk (041 583 5115).

Kleingroepe

Ons kleingroepe, wat Bybesstudiegroepe, selgroepe, Dissipelskapgroepe en Bybelskool insluit speel 'n sentrale rol in ons gemeente se toerusting. Ons soek nog iemand om verantwoordelikheid van die lei en administrasie van ons kleingroepe te neem. Ons is ook altyd op soek na nuwe kleingroepleiers. Kontak Chris van Wyk (041 583 5116) vir meer inligting.

 

 


Post date: 2015-07-25 11:53:48
Post date GMT: 2015-07-25 09:53:48
Post modified date: 2017-10-24 11:25:35
Post modified date GMT: 2017-10-24 09:25:35

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com