Skip to main content

Geloofsvorming

Aanbidding

Ons aanbidding bediening sluit al ons eredienste in. God ontmoet ons daar deur sy Woord en Gees.

Leraar: Chris van Wyk (041 583 5115)   Ouderling: Janneke Jacobs(041 583 5115).

Musiekbediening

Musiek speel ’n belangrike rol in ons aanbidding en ons het verskeie musiek bedienings:

  • Orrelis – Kontak Albert Troskie (041 503 7854).
  • Die junior ensemble lei die gemeente in aanbidding met sommige familiedienste. Kontak Janneke Jacobs (041 583 5115).
  • Ons Kerkkoor tree gereeld by ons familiediens en soms by ander kerke op. Kontak Albert Troskie (041 503 7854).

Nagmaalbediening

Hierdie bediening reël ons gemeente se nagmaalvieringe tydens ons eredienste en by die Echo oorde, Somerson en Cheshire. Kontak André van Rooyen (041 583 3662).

Verwelkoming tydens die eredienste

Hierdie is ’n nuwe groep wat ons gemeente en veral besoekers en nuwelinge by ons eredienste verwelkom. Kontak vir Tiaan van Eyk (041 583 5115) wat die aanddiens span lei en Jannie du Preez (041 583 2593)  wat die familiediens span lei.

Gebed voor eredienste

Hierdie span bid voor elke erediens saam met die leraar vir die diens. Kontak Christene Veldsman (041 583 3341) vir meer inligting oor die familiediens se gebedsgroep. Ons is nog op soek na iemand wat hierdie bediening vir die aanddiens kan lei.

Dankoffer Administrasie

Hierdie groep ontvang, tel en administreer dankoffers met die familiediens. Kontak Valda de Villiers (041 583 2008) en Herman Rossouw (041 583 3458).

Toerusting

Bybelse geloofsvorming is een van ons kernwaardes. Ons glo dat ons hele gemeente voortdurend toegerus moet word om dissipels te wees en dissipels te maak.

Leraar:  Chris van Wyk  (041 583 5116)   Ouderling: Juliette le Roux (041 583 1299)

Kategese

Geloofsvorming en geloofsonderskeiding speel vir ons ‘n kern rol binne ons jeugbediening. Ons poog daarin om vir elke kind ‘n spasie te skep waar hulle relevant saam met hul vriende kan groei in hulle geloof.

  • Voorskool: Voorskoolse toepassing vind tydens die familliedens plaas waar ons die boodskap van die preek op ‘n praktiese manier by hierdie groepie tuismaak. Ons het ‘n beplaningsgroep wat weekliks bymekaar kom om hierdie byeenkoms te beplan.
  • Jr. Kategese: Tydens die oggend erediens het Gr.1-Gr3 hul kategese groepies waar hulle fokus op Bybelse leringe. Gr.4- Gr.7 het tydens die erediens die opsie om eredienstoepassing by te woon in die Ark, of om in die erediens te bly. Hulle het kategese na die familiediens met die fokus op hoe om as dissipel van Jesus te leef vanuit my geloof binne die lewe wat ek nou leef.
  • Sr. Kategese: Gr 8-Gr .11 het hul kategese groepe om 17:30-18:30 op Sondag aande. Gr8-Gr10 fokus op dissipelskap. Gr.11 is in hul finale jaar van kategese en fokus op voorbereiding vir hul belydenisaflegging.

Kleingroepe

Ons kleingroepe, wat Bybesstudiegroepe, selgroepe, Dissipelskapgroepe en Bybelskool insluit speel ’n sentrale rol in ons gemeente se toerusting. Ons soek nog iemand om verantwoordelikheid van die lei en administrasie van ons kleingroepe te neem. Ons is ook altyd op soek na nuwe kleingroepleiers. Kontak Chris van Wyk (041 583 5116) vir meer inligting.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.