Gebedsflitse 3-9 Junie 2012

SONDAG – Gesels as gesin oor die week wat voorlê:  Pa en ma se werk, die kinders  se skoolwerk, sport ,ander aktiwiteite en behoeftes wat elkeen mag hê.

MAANDAG –  Ons  het met Pinkster geleer om na God te luister en met Hom te praat. Bid dat lidmate elke  dag sal onthou om so te leef.

DINSDAG – Die week is die Sinode by die Willows in sitting. Bid dat elke afgevaardige vervul sal wees met die Heilige Gees sodat alles wat daar bespreek, gehoor en besluit word tot eer van die Here sal wees en die gemeentes in Oos Kaap sal besiel sal wees om  met ywer te werk en te bid dat die  koninkryk sal kom.

WOENSDAG. Bid  vir orde en vrede in Sirië. Burgerlikes , waaronder onskuldige vroue en kinders ,sterf  in die gevegte.

DONDERDAG – Sendelinge. Cornè en Sophie du Plooy in Frankryk, Gerrit en Sonja Brink in Nederland, Hugo en Jakkie Wolmarans in die Midde-Ooste, Elspeth Liebenberg Campus Crusade. Die gemeente Zithulele in die Transkei.Bid vir hulle gesondheid, moed en krag om te volhard en vir oop deure om hulle getuienis te lewer.

VRYDAG –  Bid vir ds Kobus wat voorberei vir Sondag se diens. Dat die Heilige Gees hom sal lei om te hoor wat die Here vir die gemeente wil sê.Bid vir krag en gesondheid. Vir hom en sy gesin.

SATERDAG -Bid vir Sondag se erediens dat lidmate sal bid en vra dat hulle in alles wat daar gebeur, die sang, orrelspel, gebede en die boodskap die Here sal ontmoet. 

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.