Gebedsflitse 26 Nov tot 2 Des 2012

SONDAG – Kersfees is voor die deur. Bid as gesin vir die Kersangdiens en dat Kersfees ‘n ware Christusfees vir ons gemeente, ons  land en sy mense  sal wees.

MAANDAG – Die wydverspreide arbeidsonrus het die verhouding tussen werkgewers en werknemers vertroebel. Bid dat die Heilige Gees ‘n gesindheid van verdraagsaamheid, begrip en samehorigheid sal gee.

DINSDAG – Sê vir die Here dankie vir alles waarmee Hy ons gemeente die jaar geseën het: Ons eredienste waar ons Sy Woord gehoor het, Bybelstudiebyeenkomste. Die Lentefees, Tiende Dankofferwees, toegewyde Leraars en vir die Gemeenskap van die gelowiges wat ons ervaar het.

WOENSDAG – Bid dat ons sendelinge waar hulle ookal is ‘n geseënde Kersfees sal ervaar. Evelyn Lotz, Corneille en Sophia du Plooy, Gerrit en Sonja Brink, Hugo en Jakkie Wolmarans en Elspeth Liebenberg.

DONDERDAG – Dank die Here vir ons Dienswerkers wat hulle tyd en liefde gee om lidmate te besoek en te ondersteun.

VRYDAG – Dat ons leraars sal stil word by die Here om te hoor wat Hy Sondag vir die gemeente wil sê.

SATERDAG – Bid dat elke kerkganger Sondag in die erediens tot rus sal kom by die Here en ‘n ontmoeting met Hom sal beleef.  

     

Trackback from your site.

Leave a comment