Gebedsflitse 20 tot 26 Januarie 2013

SONDAG . Sê vir die Here dankie vir alles wat julle as gesin in die vakansie en met Kerstyd geniet het. Dat julle in die jaar wat voorlê in alles Sy teen-woordigheid sal ervaar.
MAANDAG – Bid dat alles goed sal verloop nou dat die skole begin het , die nuwe outjies gou sal aanpas en die onderwysers met nuwe moed die jaar se onderrig sal aanpak.
DINSDAG – In 2013 bestaan ons gemeente 30 jaar en die orrel 25 jaar. Bid dat alles wat gereël gaan word om dit te vier ‘n fees van dankbaarheid sal wees.
WOENSDAG – Dank die Here vir werkers wat opgehou het met staak en vir onderhandelings waar daar nog gestaak word.
DONDERDAG – Bid vir krag, sterkte en gesondheid vir ons leraars ds Rethie van Niekerk, dr Chris van Wyk. dr Kobus Prinsloo, ds Deon Loots en Wimke Jurgens. Bid vir Lièsl Knipe wat haar been gebreek het, dat dit goed sal herstel.
VRYDAG – Bid dat ons leraars wat voorberei vir Sondag se erediens onder die leiding van die Heilige Gees sal hoor wat die Here vir die gemeente wil sê.(Sit hulle name hier in asb)
SATERDAG – Bid dat lidmate met verwagting na die erediens sal kom om die Here te ontmoet, en vir seën op die Kindertyd en Kategese.

     

Trackback from your site.

Leave a comment