Gebedsflitse 20-26 Mei 2012

SONDAG – Gesels met mekaar as gesin oor die betekenis van Hemelvaart en Pinkster. Bid saam . Vra dat julle gedurende Pinkster die stem van die Here sal hoor en onthou om te doen wat Hy sê.

MAANDAG – Bid dat ons gemeente in die week van Pinkster tot rus sal kom by die Here, met oorgawe sal luister wat Hy sê en besluit om so te leef..

DINSDAG –  Dank die Here  vir die    Bendeleiers wat  saam gekom het, hande gevat en gebid het. Bid dat die Heilige Gees hulle krag sal gee om te hou by wat hulle besluit het.

WOENSDAG – Die Sinode. Dat die sinode die Here se wil sal soek en deur die Heilige Gees gelei word. Die Here die predikante en kerkraadslede liggaamlik, emosioneel en geestelik sal versterk , almal saam sal bind en  besiel met ‘n hernude visie en roepingsbesef.

DONDERDAG – Vra dat die Pinkster-ete by Maranatha gesellig sal wees en liefdesbande tussen lidmate versterk.

VRYDAG – Bid vir dr Chris van Wyk wat voorberei vir Sondag se Pinksterfees Nagmaal. Dat die gemeente Pinkster op ‘n hoogtepunt met die diens sal afsluit.

SATERDAG – Bid vir seën op Klema se bediening, hulle personeel en vir Wimpke Jurgens wat die Woord bedien. 

     

Tags: , ,

Trackback from your site.

Leave a comment