Gebedsflitse 18-24 November 2012

SONDAG – Vertel vir mekaar waar jy gebid het en die Here jou gebed verhoor het. Bid as gesin saam vir die inwoners van St Francisbaai wie se huise afgebrand het.

MAANDAG – Dit het aan die lig gekom dat amptenare in die Staatsdepartemente skuldig is aan bedrog en korrupsie maar heeltemal skotvry gaan. Bid dat reg en geregtigheid in ons land sal geskied.

DINSDAG– Bid vir die CMR se personeel en dat die Heer vir hulle die finansies sal voorsien om hulle goeie werk voort te sit.

WOENSDAG – In Jeremia 28:10 sê die Here: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, voorspoed en nie teenspoed nie. Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting. Dan sal julle My aanroep tot My bid, en Ek sal julle gebede verhoor”.  Bid dat ons ‘n gemeente sal wees wat vir ons land en Sy mense intree in gebed.

DONDERDAG – Bid vir bydraes vir Barcelona se Kersparty die 12de Desember. Hulle benodig lekkergoed, koeldrank of enige ander lekkernye voor die einde van November.

VRYDAG – Die Here wil Sondag ons gemeente ontmoet in die erediens. Bid vir ons leraars wat Sy Woord sal hoor en bring.

SATERDAG – Bid dat almal, kinders, grootmense en die gestremdes van Cheshire Homes ‘n ontmoeting met die Here sal beleef in die oggend se diens en die wat Klema se aanddiens bywoon.

     

Trackback from your site.

Leave a comment