Gebedsflitse 12-18 Augustus 2012

SONDAG – Ps.40:5. “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel. Sê vir die Here as gesin dankie dat julle hom kan vertrou vir alles wat julle nodig het. Deel julle behoeftes, vrae en bekommernis met mekaar.

MAANDAG – Lentefees 1 September. Bid dat dit ‘n geseënde en aangename geleentheid sal  wees. Kyk na die lys van tafels wat daar gaan wees en wat benodig word. Raak iewers betrokke..

DINSDAG – By die Selgroepe, Bybelstudiebyeenkoms, Bybelskool en erediens praat die Here met ons as lidmate. Bid dat ons as gemeente sal doen wat ons hoor.

WOENSDAG -“Geloof begin by die huis”. Bid dat die reeks wat die 19de begin vernuwing sal bring in ons huise, gesin, kinders, familie en die gemeente.

DONDERDAG – Bid dat die wil van die Here sal geskied in die besprekings en besluite van die Nasionale- Streeks- en Plaaslike Regering.

VRYDAG – Bid dat die Gees Ds Rethie van Niekerk en Dr Chris van Wyk sal lei in hulle voorbereiding vir Sondag se eredienste.

SATERDAG – Bid vir die videodiens in Walton Park se kapel. Dit beteken vir die Senior burgers wat nie meer in die kerk kan kom nie baie.

     

Tags: ,

Trackback from your site.

Leave a comment