Gebedsflitse 1 tot 7 Julie

SONDAG- Sê vir die Here dankie dat julle as gesin in die nat en koue weer ‘n huis het, kos en klere. Bid vir die Bosslapers, straatkinders en boemelaars wat aan die gure weer blootgestel is.

MAANDAG – MTR Smit-Kinderoord. Bid vir die dogters van huis 9 waarvoor ons gemeente verantwoordelikheid neem, dat hulle die Here Jesus sal ken en Sy liefde ervaar. Kontak Charlene Brewis om te hoor wat hulle behoeftes is.

DINSDAG – Bid dat ons lidmate die opdrag van die Here Jesus om sout vir die aarde en ‘n lig vir die wêreld te wees waar sal maak.

WOENSDAG – Bid dat reg en geregtigheid in ons land sal geskied. Leiers sal besef dat hulle die Here nodig het om werksgeleenthede te skep, probleme in die onderwys, dienslewering en gesondheidsorg op te klaar.

DONDERDAG – Bid vir die weduwees, bejaardes en siekes dat hulle troos en krag sal vind in die besef dat die Here hulle liefhet en vir hulle sorg.

VRYDAG – Sondag se erediens. Bid vir Dr Kobus Prinsloo en Wimke Jurgens wat voorberei. Dat hulle sal hoor wat die Here se boodskap vir die gemeente is.

SATERDAG – Gelowiges wat vervolg word. Dat die Here hulle sal beskerm, hulle geloof versterk en hulle staande sal hou.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.