Gebed vir Padveiligheid

Gebruik genoeg tyd om te bid vir die beskerming van padgebruikers gedurende die komende vakansieseisoen.  Ons fokus hierdie keer op die gesindhede van bestuurders, maar voel vrymoedig om enigiets anders te bid soos wat die Heilige Gees jou lei en by te voeg by hierdie riglyne. 

  • Bid dat daar geen ongelukke gedurende die vakansieseisoen sal wees wat nog meer mense se lewens sal eis nie. (Daar word meer as 1000 lewens per maand in padongelukke geëis). 
  • Bid dat bestuurders verantwoordelik sal wees in die volgende areas:
  •           voertuig moet padwaardig wees
  •           maak al die passasiers (insluitende bestuurder self) se sitplekgordels vas
  •           handhaaf spoedgrense en rustye
  •           bestuurder moet nie moeg, vaak of  onder die invloed v. drank of  dwelms wees nie 
  • Bid vir die Verkeersbeamptes se veiligheid, dat hulle sigbaar en beskikbaar sal wees, dat hulle instaat sal wees om hulle werk eerlik en goed te doen. 
  • Bid vir die Paramedici wat dikwels erg verminkte- en dooie liggame uit voertuigwrakke moet haal en dank die Here vir hulle flink optredes waar hulle dienste benodig word. 
  • Bid dat God ook die “Arrive Alive” veldtogte sal seën. 
  • Bid vir beskerming van voetgangers. 
  • Bid vir God se bonatuurlike beskerming teen fratsongelukke:
  •           diere wat oor die pad hardloop
  •           mense, veral kinders, wat oor die pad hardloop
  •           slegte paaie
  •           onvoorsiene probleme met voertuie bv. bande wat bars, ens.  
  • Bid dat bestuurders waaksaam, geduldig en verdraagsaam teenoor ander padgebruikers wees. 
  • Bid dat God self die roekelose, nalatige en aggressiewe bestuurders se gesindhede sal verander, dit is iets wat net Hy alleen kan doen. 
  • Bid vir beskerming van die uitreikspanne tydens die uitreike. 
  • Bid dat die boodskap van elke CD-pakket wat deur die Hoofweg Evangelisasie Bediening uitgedeel word, deur God se belofte dat die Woord nie leeg sal terugkeer nie, bekragtig sal word.
Opgestel deur die Hoofweg Evangelisasie Bediening/ Highway Mission Centre
Posbus 613 Worcester 6849
Tel: +27 23 342 3189 Faks: 086 273 4108 Selfoon: 083 557 6592
     

Trackback from your site.

Leave a comment