Fondsinsameling 2011

Hierdie gemeente het van die begin af die vermoë gehad om nuut te dink as iets nie meer so goed werk nie.  Ons kermisse was deur die jare baie suksesvol en ’n vaste punt op die gemeenskapsagenda.  Dit was die jare van Dalene Curtain, Joan Bam en hul vele bekwame tafel- en stalletjie koördineerders.  Toe die bywoning begin afneem het, en die werkers ’n bietjie minder geraak het, het die finansies kommissie verlede jaar iets nuuts probeer.  ’n Klomp kleiner fondsinsamelings regdeur die jaar is gehou, waarin elke lidmaat iets kon aanbied.  En dit was ’n reuse-sukses.  Verkopings, veilings, vriendskapsetes en nog vele ander geleenthede het ons die teiken vir die jaar gemaklik oorskrei.  Ons het R59 000 ingesamel!  Dankie aan almal wat meegewerk en dit ’n groot sukses gemaak het.

Vanjaar wil ons dit weer doen.  Ons nooi jou uit: beplan iets lekkers, nooi die gemeente, en samel op dié manier ’n R1 000 of R2 000 of meer in.  Ons mikpunt vanjaar is R60 000 gesamentlik.
     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Dean van Wyk

    |

    Baie dankie Rethie vir hierdie inspirerende boodskap. Ek is oorspronklik van PE en woon nou 20jaar lank in PTA.
    In my stiltetyd vanoggend het ek Fil 2:12b-13 gelees en dit kan net deur die Gees van God wees dat ek op hierdie preek afgekom het.

    God seën jou bediening en geniet die see( ek beny julle).

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Hansie. Die Here is goed vir ons.

  • Avatar

    Hansie

    |

    Dankie Chris. Lanklaas so ‘n geestelik verrykende erediens bygewoon. Ek is skoon opgewonde. Alle seen vorentoe.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Boeta!

  • Avatar

    AntonvanWyk

    |

    Baie duidelik. Pragtige versterkende boodskap