Fees van kos en wyn

Pierre Matthee reël vir ons gemeente ‘n gastronomiese sowel as vermaaklike fees van kos en wyn verteenwoordigend van 9 verskillende lande en ek is seker jy wil dit op geen manier mis nie!  Al die wyn word geborg. As ons dus tien tafels met tien mense elk vol maak en ‘n donasie van R200 per persoon vra terwyl 9 gasvrouens vir ons die eetgoed maak en borg, maak ons op daardie aand R20 000 vir die gemeente se kas.

Teen hierdie tyd brand jy sekerlik om te weet waar en wanneer!  Woensdagaand 15 Oktober in die Women’s Club (langsaan die kerk) om 18:30.  Jy kan op enige van drie maniere deelneem:

  1. ‘n Tafel van 10 mense bymekaar kry;
  2. Een van die gange maak of borg. Ons soek proe-porsies vir 100 mense en wil probeer dat al die kos geborg word. As jy kans sien hiervoor stuur ek onmiddellik die disse vir jou aan sodat jy daaruit n keuse kan maak.
  3. Doodgewoon net laat weet dat jy dit graag wil bywoon dan skakel ek jou by n tafel in.

Laat weet vir Lynette van Wyk (lynettevw@gmail.com) so gou moontlik hoe jy wil deelneem aan hierdie fees van feeste.  Lynette sien uit na jou epos. Vinnig speel!  Ons kan net 100 mense akkommodeer.

Prost! Gesondheid! Cheers! Bon Appetit!

     

Trackback from your site.

Leave a comment