Skip to main content

Familiediens Sondag 09:00

Hoe lees jy die Bybel? Watter metode gebruik jy? Wanneer lees jy dit? Hoe sistematies lees jy dit? Saam met wie? Hoe het dit deur die jare verander? Waarmee sukkel jy? Wat beteken dit vir jou?

Sondag fokus ons op die Gelykenis van die Saaier in Matteus 13. Jesus vertel die gelykenis om jou aan te moedig om te fokus op die voorbereiding en beskerming van jou hart dat die Woord op goeie grond kan val.

Gebruik die kleingroepmateriaal vir die week om jou voor te berei.

Oorweeg om by een van my vier nuwe korter Bybelleesprogramme in te skakel.

Ek gee elke oggend ‘n Whatsapp boodskap oor die gedeelte wat jy daardie dag gaan lees. Stuur jou naam en van met selnommer na Chris van Wyk (0825749191), sê vir watter Bybelleesprogram jy kans sien (OT / NT / Psalms / Spreuke), en stoor my selnommer onder my naam op jou selfoon.

Ek begin met die Whatsapps Maandag 24 Februarie 2020.

Ek geniet veral die volgende metodiek in my eie lees van die Bybel as God se Woord aan my. Ek vra altyd:

  • Wat staan daar? (oor God, mense, die wêreld)
  • Wat beteken dit? (beloftes en opdragte)
  • Wat beteken dit vir my? (luister en leef)

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.