Familiediens 6 Februarie 09:00 in die kerk en op Youtube

1 Korintiërs 15:1-11 – Het Jesus werklik opgestaan uit die dood?
Somerstrand 09:00 Youtube live en in die kerk 6 Februarie 2022

Ons begin vandag met ‘n reeks van drie preke oor 1 Korintiërs 15.

  • Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? (1 Korintiërs 15:1-11)
  • Sal ons werklik self opstaan uit die dood? (1 Korintiërs 15:12-20)
  • Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? (1 Korintiërs 15:35-50)

Met die kindermoment fokus ons vandag op hoe ons weet dat Jesus uit die dood opgestaan het en dat Hy leef. Die talle verhale van Jesus se opstanding in die Bybel sal ons kinders se geloof in Hom versterk. Met die prediking gaan ons dieper daarop in om na vyf onomstootlike feite te kyk wat die werklikheid van die opstanding van Jesus onderstreep. Ek kyk ook spesifiek na die opdrag van Paulus dat ons aan hierdie boodskap moet “vashou”. Dat ons moet aanhou glo, aanhou doen wat ons glo, aanhou optree in alles in ooreenstemming met ons geloof. Want dit is hierdie evangelieboodskap wat ons verlos – mits ons aanhou vashou daaraan.

AANKONDIGINGS

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.