Familiediens 5 September in die kerk of lewendig op Youtube

Ons is in die tweede week van ons reis deur die boek Jakobus: Jak1:19-27. Ons kom by die tweede ding waarvan jy seker kan wees:

God het sy Woord in jou hart geplant.

Soos ‘n saadjie wat ingedruk word in die grond van ons hart sodat dit kan wortel skiet. Daarom roep Jakobus ons op om onsself voor te berei dat God se Woord nog sterker en dieper in ons lewens geplant word as ooit tevore.

Kom hoor hoe Sondagoggend 5 September om 09:00 by die Familiediens in die kerkgebou of volg die lewendige uitsending by die skakel op ons Youtube kanaal NG KERK SOMERSTRAND.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.