Familiediens 3 Oktober 2021

Ons kan ons indink dat die Psalmis dalk onder die sterre lê op ‘n helder nag en die gedagtes wat in hierdie Psalm opgeteken is, by hom opkom. Wanneer laas het jy na die sterre gekyk? Stilgestaan om vir ‘n oomblik of meer die werk van God se hande te bekyk en te bewonder? Ons het die afgelope tyd wyshede uit die boek van Jakobus bekyk. En hier kom God en herinner ons uit Psalm 8 dat ons net regtig wysheid kan bekom as ons leer om in verwondering voor God te staan. Christian Wiman, ‘n Amerikaanse digter en toegewyde Christen, wat in sy 30’s met kanker gediagnoseer is, het in sy digkuns gevra: Hoe onthou ek God? Hoe reik ek uit na God? Hoe sien ek God raak te midde van die wonde wat ek in die lewe toegedien word? Hy het ontdek: Wonder is the precondition for wisdom. Verwondering is die voorwaarde vir wysheid.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.