Familiediens 22 Augustus 09:00 in kerk en op Youtube

Stel jou voor ‘n groep pelgrims op pad na Jerusalem om die Loofhuttefees in die herfs te vier. Dinge is ‘n bietjie makliker op die plaas. Hulle wil die Here loof vir sy versorging soos eeue tevore in die woestyn op pad na Kanaän. Daarom maak hulle hutte van loof en takke en hou ‘n “tente”-vakansie.

Maar die pelgrims is baie bewus daarvan dat die siklus van die boerdery weer gaan begin. Hulle kom dus om die Here te dank vir sy sorg die afgelope jaar. Terselfdertyd bid hulle vir die vroeë reëns, want hulle is tussen die oestyd en die volgende saaityd.

Terwyl die pelgrims nog op pad is na Jerusalem sing hulle Psalm 84. ‘n Lied van verlange en verwagting. Vir vrugbaarheid en veiligheid.

Kom leer by die antieke wysheid hoe om die Here te vertrou vir aardse en geestelike behoeftes. Om die belofte van die Here ernstig te neem:

“God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie.”

  • Youtube live Sondag 09:00 (ook in kerk – bespreek by 083 270 4853)

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.