Familiediens 12 September Jak.3 God sê: Dink (hieroor) voor jy praat

‘n Studie wat in 2017 gedoen is het bevind dat, afhangende van die konteks waarin hulle hul bevind – korporatiewe omgewing, skool-omgewing of tuis is – gebruik die gemiddelde persoon TEN MINSTE 7 000 woorde per dag. En teenstrydig met die gewilde siening dat vroue meer as mans praat – is daar nie ‘n beduidende verskil tussen die hoeveelheid woorde wat ‘n man en ‘n vrou onderskeidelik gebruik per dag, gevind nie. ‘n Persoon wat in hul vroeë tienerjare ‘n selfoon gekry het – sal meer as twee miljoen woorde per boodskap (SMS, WA en ander platforms) in hul leeftyd vir ander stuur. As beelddraers het ons die gawe ontvang om mee te kommunikeer (met God deur gebed en ander mense deur verskeie platforms). Jakobus maak ons bewus van die krag van woorde wat ons nie gering moet skat nie – Spr.18:21 beaam dit met die woorde: Dood en lewe is in die mag van die tong.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.