Eredienste in die kerk word vir November afgestel weens Covid-19
Liewe gemeentelid
Die dagbestuur het kennis geneem van die toename in Covid-19 gevalle in die Nelson Mandela Metropool. Die statistiek vir Somerstrand op 10 November was 122 gevalle, Humewood 54, en Forest Hill 15 gevalle. ‘n Paar van ons gemeentelede is ook siek.
Ons kan dus nie anders as om alle eredienste in die kerkgebou vir November af te stel en net voort te gaan met die eredienste op Youtube nie. Daar is dus die volgende drie Sondae nie eredienste in die kerk nie.
Dit raak ongelukkig ook die belydenisaflegging en Kerssangdiens.
- Belydenisaflegging skuif na Februarie.
- Die Kersangdiens sal ons opneem en deel van die Youtube diens maak.
Ons gaan wel voort met ons Familiediens om 09:00 en Pulse om 11:00 op Youtube.
Die kerkkantoor sal net op Dinsdag en Donderdag 09:00-12:00 oop wees. Geleenthede soos begrafnisse en pastorale besoeke sal steeds in die kerk op afspraak plaasvind. Ons sal te alle tye die Covid-19 protokolle daar handhaaf.
Ons wil baie graag die normale gemeentewees in ons kerkgebou hervat, maar ons wil nie mense se lewens in gevaar stel nie. Die dagbestuur sal dus later weer oor Desember en Januarie se eredienste in die kerk praat en ons besluit kommunikeer.
Baie sterkte vir almal wat worstel met die uitwerking van die virus in hulle lewe. Mag die Here ons deur hierdie moeilike tyd dra en weer saambring met nuwe krag as ‘n gemeenskap van gelowiges.
Baie seën
Chris van Wyk
namens die dagbestuur