Skip to main content

Erediens uitsending Sondag 29 Maart 09:00 op Youtube

Ek is seker die realiteit van die impak van COVID-19 het vandag by jou ingeskop. Die eerste dag wat ons wakker geword het, nie in self-isolasie nie, maar in gedwonge-isolasie. Beperk tot die vier mure van jou huis, want meer as ‘n duisend mense regoor die land het teen Vrydag al die virus opgedoen. Twee sterfgevalle.

Daar is baie onsekerheid, selfs by diegene wat hulle die beste voorberei het. Daar is selfs angs en vrees. By sommige ook ‘n soort gelatenheid, ‘n oorgee aan hulle lot.

Sommige vra waarskynlik daarom ook die vraag: “Hoekom?” Hoekom laat God dit toe? Wat wil Hy vir ons sê? Terwyl ander moontlik sou sê: “Hoekom nie?” Dit is doodgewoon die beloop van die lewe. ‘n Soort “reset” van alles, soos sommige kommentaar dit wil hê.

C.S. Lewis het een keer iets in ’n brief aan ’n vriend geskryf wat my laat dink dat sy perspektief ‘n antwoord op albei vrae is:

“I could well believe that it is God’s intention, since we have refused milder remedies, to compel us into unity, by persecution even and hardship. Satan is without doubt nothing else than a hammer in the hand of a benevolent and severe God. For all, either willingly or unwillingly, do the will of God: Judas and Satan as tools or instruments, John and Peter as sons.”

Swaar tye is die hamer in die hand van ’n sagmoedige en streng God. Sagmoedig, want Hy het ons lief. Streng, want Hy het ons lief.

Dit is nie ‘n perspektief wat ‘n mens gereeld hoor in die nuusberigte oor die COVID-19 virus nie. Trouens, ‘n mens hoor dit eintlik glad nie. En selfs die oproepe om landswye gebed fokus net op die genade van God, maar hou nie rekening met die geregtigheid van God nie.

Skakel 09:00 Sondag 29 Maart in by die boodskap van NGK Somerstrand se Youtube kanaal uit Esegiël 37:1-14.

Comment

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.