Erediens 26 September 2021 Wag op die Here. Jak.5

Dit is vir ons moeilik om te wag vir iets en die kits-kultuur wat in die wêreld heers moedig ‘n gesindheid van ongeduld en om met ‘n al vinniger tempo te leef aan: ons drink meestal kitskoffie (my ouma vertel hoe hulle nog die bone gerooster, gemaal en laat trek) ons eet kitskos (gaan gou na ‘n deur-ry restaurant of bestel en dit word binne minute by jou deur afgelaai) ons doen kits-aankope op die internet (jou inkopies is nou byna net ‘n “kliek” weg) ons het elektrisiteit as ons ‘n skakelaar aansit (wel, meeste van die tyd) kommunikasie is blitsvinnig – jy is net ‘n oproep of boodskap ver om in verbinding te tree met iemand (geen meer posstukke wat dae of weke neem om afgelewer te word nie) vinnige internetspoed is ‘n noodsaaklikheid (in baie huishoudings en vir instansies) in plaas daarvan om dae lank te reis na ‘n plek, kan jy nou binne ‘n paar uur jou bestemming bereik God beweeg, met respek gesê, egter nie altyd “in pas” met ons tyd nie, nie vinnig genoeg vir ons nie. Jakobus kom moedig ons egter aan: WAG OP GOD! En hy gee ons praktiese riglyne daarvoor. Kom luister saam.

Maak 'n bydrae

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.