Eerstejaarskamp 2015 – Kom ons bou ‘n lewe
Liewe kamper en ouers,
[CLICK HERE FOR ENGLISH INFORMATION]
Ons kamp van 20 – 23 Januarie 2015 by African Imprints, Kirkwood. Aanmelding vind plaas by Somerstrand Gemeente op Dinsdag 20 Januarie vanaf 13:00. Ons sal omstreeks 14:00 na die terrein beweeg (African Imprints) waar ons mekaar eers bietjie beter gaan leer ken. Ons het soggens en saans sessies wat die predikante aanbied – hierdie is insiggewende sessies wat nie “Bybel lessies” is nie, maar eerder toerusting vir die studentelewe wat voorlê. Ons roem onsself op die feit dat ons lewenslange verhoudings kweek. Hierdie is beslis ‘n geleentheid vir jou om die eerste trappie te klim voor die groot wêreld. As jy dan by NMMU kom is jou kanse om in te skakel net soveel beter! Want jy het reeds ‘n breë netwerk van vriende en verhoudings. Ons as kerk bevestig dan ook dat ons daar is vir jou maak nie saak wat! Selfs al is dit net vir ‘n lift lughawe toe!
Wat kan jy verwag?
Middagsport, Watersport, Praise & Worship, Stiltetyd, Skakelings, Interessanthede oor die Universiteitslewe, Verhoudings wat gebou word! Hope energie, nuwe vriendskappe, mense-mense, oorgenoeg “chill tyd”, GREAT ervaring!
Betaling
Die koste vir die kamp beloop R800 (sluit in verblyf, alle etes en vervoer na en van die terrein). Bankbesonderhede: NGK Somerstrand, ABSA Takkode: 632005 Tjekrekening: 0100 8731 388. Verwysing: naam, van en 1ste jaar. Bewys van betaling kan per e-pos gestuur word na ngksomer@global.co.za of gefaks word na 041 583 1788.
Click Hier om in te skryf (vóór 16 Januarie 2015)
Vertrektye en terugkomtye:
(1) Aanmelding vir die kamp vind plaas op Dinsdag, 20 Januarie 2015 om 13:00 by Somerstrand Gemeente in Somerstrand, Port Elizabeth (Straatadres: Louis Bothasingel 77, Somerstrand, Port Elizabeth)
- Indien die student bagasie wil stoor – e-pos ngksomer@global.co.za
- Indien die student hulle motor wil parkeer – e-pos ngksomer@global.co.za
(2) Nadat aanmelding plaasgevind het, sal die busse vertrek vanaf Somerstrand Gemeente na African Imprints, omstreeks 14:00.
(3) Indien u as ouers tydens die kamp wil kontak maak met ons (of as julle enige vrae het), bel Ds. Rethie by 083 400 1556 of u kan die Kerkkantoor skakel (gesluit van 12 Des tot 12 Jan) by 041 583 5115 of Dane (studentebedienig bestuurder) 072 038 5202).
(4) Vrydag, 23 Januarie 2015
- Die bus vir al die studente sal om 13:00 in Port Elizabeth arriveer by Somerstrand Gemeente (Straatadres: Louis Bothasingel 77, Somerstrand, Port Elizabeth)
(5) Sondag 8 Februarie 2015 verwelkom Som(m)er Studnte alle nuwelinge na die Eerstejaarsverwelkomingsdiens om 18:30 by Somerstrand Gemeente kerk.
Ander vrae?
- Kos? Ons eet verskriklik lekker, die menu is een wat ons weet werk! Ons voorsien ook aan spesiale eetgewoontes. As jy enige allergie of spesiale dieet vereistes het, laat weet ons asb by ngksomer@global.co.za – daar is ook spasie om dit aan te dui op die inskrywingsvorm.
- Ek is gestremd, kan ek kom kamp? Enige tyd welkom! Kontak my vooraf en ons tref reëlings indien dit nodig is, maar jy is meer as welkom om hierdie ervaring mee te maak.
- Nog vrae? Kontak gerus vir Dane (Sommer Studente Voorsitter) by 072 038 5202 of Ds Rethie by 083 400 1556. Skryf asb in voor 16 Januarie 2015.
Click Hier om in te teken (Deur hier te click stem jy saam met on Terme en Voorwaardes)
Wat moet ek saam bring?
- Slaapsak
- Kussing
- Gemaklike klere
- Skoene
- Swemklere
- Handdoek
- Sonroom
- Toiletware
- Chroniese medikasie
- Bybel en pen
- Lepel
- Vurk
- Mes
- Bord
- Koppie
- Papbakkie
Terme & Voorwaardes
Ek neem kennis dat die kampterrein buite ‘n stedelike gebied, in ‘n landelike omgewing geleë is en dat die normale risiko’s gepaardgaande met so ‘n omgewing aanwesig is. Ek neem ook kennis dat daar ‘n swembad op die terrein is.
Kampreëls
- Geen dwelms of alkohol word op die terrein toegelaat nie
- Rook is streng verbode in die geboue
- Stilte: Maandae tot Vrydae vanaf 23:30
- Laat die geriewe in die toestand waarin u dit ontvang het.
- Breekskade moet aan die bestuur gerapporteer word.
- Beddens mag nie rondgeskuif word nie en matrasse mag nie van die beddens afgehaal word nie.
- Gebruik water en elektrisiteit spaarsamig.
- Geen kerse of oop vlamme in slaapgeriewe toegelaat nie.
- Geen balspele binne die geboue toegelaat nie.
Veiligheid en algemene inligting
- Swem na 19:00 is streng verbode.
- Onverantwoordelike en disrespekvolle optrede van kampers sal nie geduld word nie.
- Die nodige reëls en regulasies sal by aanvang van die kamp aan kamporganiseerder oorgedra word.
- Mediese tas met basiese inhoud en slang-serum is beskikbaar.
- Voltooide en getekende vrywaringsvorm moet met aanvang van kamp aan bestuurder oorhandig word.
- Sonder ‘n getekende vrywaringsvorm sal jy nie toegang tot die terrein kry nie. Vrywarings vir noodgevalle en dagbesoekers is beskikbaar by die hek.
- Bly asb. op paaie en bly weg van bosse en wees te alle tye bedag op die aanwesigheid van slange.
Click Hier om in te teken (Deur hier te click stem jy saam met on Terme en Voorwaardes)
eerstejaar, eerstejaarskamp, kamp, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Nelson Mandela Metropolitan University, nmmu, Port Elizabeth, studentekerk