Dr Kobus Prinsloo aangestel!

Die Kerkraad het Maandag-aand besluit om vir Dr. Kobus Prinsloo aan te stel as Pastorale Hulp in ons gemeente – in Deon Binneman se plek.  Kobus sal tot einde Junie die bediening in die aftree-oorde behartig, waarna sy werk sal uitbrei na almal bo 65 asook algemene pastorale werk.

Kobus is op 5 Januarie 1955 in Bloemfontein gebore.  Die grootste deel van sy kinderjare het hulle op Ugie deurgebring.  Hy het aan  Hugenote Hoërskool op Wellington matrikuleer en daarna sy teologiese studies op Stellenbosch in 1979 voltooi.

Hy het drie gemeentes in die Karoo bedien, nl. Vanwyksvlei, De Aar en Williston.  In Oktober 1988 verhuis hulle na PE-Heideveld waar hy vir meer as 20 jaar die gemeente bedien.  Sedert middel 2009 is Kobus Streekbestuurder (Kaapland en Vrystaat) van Modkats.  Dit is ‘n organisasie wat Kategese programme ontwikkel.  Sy hooftaak is om programme vir huweliks- en gesinsbediening te ontwikkel.

Kobus behaal sy MTh- en PhD-Pastorale Terapie aan die UV.  Sy spesialisasie terrein is huweliks- en gesinspastoraat.

Kobus is getroud met Erna Basson van Parow.  Sy is ‘n musiekonderwyser by Grey Junior.  Hulle het twee kinders.  Chrizelle is ‘n onderwyser by Elsen Academy in PE en Jaco werk in Kaapstad.

 

     

Trackback from your site.

Leave a comment