Skip to main content

Dit is ‘n tyd van geestelike fokus

Beste gemeentelid

Die bewussyn van die omvang van die COVID-19 pandemie sink al hoe dieper in. Die vooruitskattings van die regering oor die verspreiding van die virus raak al hoe groter. Dit onderstreep die wysheid van die besluit van die dagbestuur om self-isolasie ons leidende beginsel te maak.

Waar ons gebruik van selfone en sosiale media voorheen as ‘n probleem uitgewys is – dit breek fisiese kontak af – raak dit ironies genoeg nou die enigste veilige manier waarop ons kontak kan behou. Moenie ophou om na mekaar uit te reik nie. Behou die noodsaaklike kontak met mekaar op allerhande kreatiewe maniere.

Dit is ook ‘n tyd van geestelike fokus.

  1. Skakel Sondag 09:00 in by ons erediens op Youtube
  2. Gebruik die kleingroepmateriaal
  3. Skryf in by die daaglikse Bybelleesprogram (Whatsapp Chris van Wyk 0825749191)
  4. Of werk enige Bybelboek van jou keuse deur

Bly in kontak op die volgende maniere:

  1. Skryf in by ons nuusbrief sodat ons belangrike nuus kan deel
  2. Gebruik ons Facebook blad of Whatsapp om met my te kommunikeer.

Vroeër die week het ek julle aan Psalm 20 se oproep tot gebed en die maak van praktiese planne herinner. Vandag wil ek julle Psalm 21 gee. Dit is die Psalm wat gebruik is ná die oorwinning. Hulle het van die koning bely: “deur die trou van die Allerhoogste struikel hy nie.” Dit is ‘n belofte wat ons ook vir onsself as gemeente kan omarm. Deur die trou van die Allerhoogste sal ons ook nie struikel nie.

Groete
Chris van Wyk

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.