Dissipline: Aanbidding

Ons assosieer die woord aanbidding, worship, gewoonlik met godsdiens en ‘n erediens.  Maar aanbidding kan natuurlik ook gevind word in die lewe van agnostici, selfs ateïste.  Adele Calhoun skrywe: “The simple truth is that everybody looks to something or someone to give their lives meaning” (Spiritual Disciplines Handbook 2005: 45).  Die dinge waarvoor ons lief is, die dinge wat ons waardeer, die dinge wat ons op fokus het ‘n groot impak op ons.  Dit gee aan ons lewens betekenis.  En dit bepaal wie ons ten diepste is.

Sommige mense het ‘n groot klem op onafhanklikheid – en sal alles in hulle vermoë doen om dit te verseker: die tipe werk wat hulle doen, die plek waar hulle bly, die instrumente waarin hulle belê, die verhoudinge wat hulle sal najaag of toelaat in hulle lewe.

Sommige sal hulle lewe gee vir ander se goedkeuring, of om sukses te behaal in die loopbaan wat hulle gekies het, of sal fokus op dinge wat hulle gelukkig maak, of beheer gee in die lewe.  En sommige sal fokus op mag, hoe om dit te kry, en hoe om dit te behou.

Ons mag miskien nie hierdie dinge as aanbidding beskou nie, maar dit is in wese wat dit is!  Dit is die dinge wat ons dag bepaal, dit is wat ons uit die bed kry in die oggend en wat ons aan die gang hou deur die dag.

Ware aanbidding, as ‘n geestelike gewoonte, beteken daarom nie in die eerste plek dat ons kerk toe gaan op ‘n Sondag nie.  Dit gebeur wanneer ons God eerste plaas in ons lewe.  Dit gebeur wanneer wat God vir ons sê, deur sy Gees en sy Woord, vir ons meer beteken as wat ander sê.  Dit beteken om God hoër te ag as enigiets anders in ons lewe.

Ware aanbidding is om jou in te stel om God te ken en lief te hê op jou eie unieke manier.  Kies hierdie week een of meer van die volgende oefeninge om jou aanbidding van God te verdiep:

  • Skryf ‘n brief (of lied) aan God om jou liefde en waardering vir Hom uit te spreek.
  • Spandeer elke oggend 10 minute om oor die goed en sleg van die vorige dag na te dink.  Vra jouself, waar het ek God ervaar in my dag?  Sê dan vir Hom dankie en aanbid Hom vir wat Hy vir jou doen.
  • Maak ‘n uur afspraak met God.  Vat ‘n stuk papier en skryf bo-aan die vraag: “Wat beteken vir my die meeste?”  Skryf jou antwoord daaronder.  Beantwoord die vraag dan uit die hoek van ander:  “Wat sal jou kinders, jou maat, jou kollegas, jou familie, jou gemeentevriende … en God dink: ‘Wat beteken vir jou die meeste?’”.  Vergelyk dan jou eie antwoorde met die van die ander.  Watter ooreenkomste en watter verskille is daar?  Wat sien jy van jouself raak deur hulle oë?  Vra dan vir jouself af: “Hoe moet ek my aanbidding verander?”
     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie!

  • Avatar

    mariette

    |

    Môre-môre!

    Dankie Chris. Die reeks dra baie praktiese wenke oor en is verrykende luistergenot vir elkeen. Elke dag iets nuuts om na uit te sien!

    Seën daarop toegebid
    Mariette

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dit was Rethie van Niekerk se preek. Sy het in die preek verwys na die Hebreeuse woorde.

    Die eerste reël (seën) het drie woorde, dan vyf woorde, dan sewe woorde.  15, 20, 25 konsonante (onthou ʾ is ook ‘n konsonant).  11, 13, 16 lettergrepe (ek het weer getel, en dit is die korrekte aantal).

    24 yĕbārekkā yĕhwâh wĕyišmĕrekā
    25 yāʾēr yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wîyḥunekā
    26 yiśāʾ yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wĕyāśēm lĕkā šālôwm

    Hoop dit maak sin.

  • Avatar

    Annemarie vn Zyl

    |

    NUM 6; GOD SE SEEN, Goeiemore
    Ek het vanoggend hierdie Bybelstudie gedoen en dit was wonderlik. Die deel DIE TEKS verstaan ek egter glad nie. ek kry die aantal woorde reg maar glad nie die konsonante en lettergrepe nie. Ek verstaan ook nie die doel van hierdie deel nie, tensy jy wil bewys dat dit menslik amper onmoontlik is om die seen so te skryf, met die spesifieke aantal konsonante en lettergrepe sonder God se ingryping.. ek sal dit waardeer as iemand die deel in kort vir my verduidelik Baie dankie Annemarie van zyl.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Corrie! Mooi jaar vir jou.

  • Avatar

    Corrie

    |

    Ds. Chris, soos altyd ń opbeurende en positiewe bydra deur U, vir die toepassing deur die kinders van God. Selfs hulle wat Hom nog nie as hul Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie, sal baat by diė insetsel. Ek vra dat God se seën op U sal rus.

  • Avatar

    C Joubert

    |

    Inspirerende en besielende boodskappe

  • Avatar

    Sonja Lizemore

    |

    Beste Ds Chris.
    Net n GROOT DANKIE vir die liedere. Dit is baie spesiaal.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Carol, jy is reg, dit is ‘n kosbare insig! Ek het ook onlangs gepreek oor die inwonende Christus, as jy meer wil lees. Baie seën.

  • Avatar

    Carol

    |

    Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Annelize – ons hou dienste in die kerkgebou (Louis Bothasingel 177, Somerstrand) om 09:00 Sondae tegelykertyd met ons Youtube erediens ook om 09:00. Ons het ook ‘n meer informele Youtube erediens – Pulse – wat van 11:00 af op ‘n Sondag beskikbaar is. Ter wille van die personeel se verlof sal ons DV van 27 Desember tot 24 Januarie nie fisiese eredienste in die kerk hê nie, net die Youtube erediens 09:00. Dié dienste word weer hervat van 31 Januarie af sowel as moontlik ‘n aanddiens om 18:30. As jy hier is, maak ‘n afspraak dat ons jou kan verwelkom. My sel is “nul agt twee 5749191”. Groete, Chris van Wyk.