Reik saam uit – 1 Kor. 13

Begin van die jaar het almal oral liefde en diensbaarheid gewys danksy #neknominations. Maar ons roeping is altyd om in liefde uit te reik. Hoe maak God ons deel van sy plan?

Toetrede

Lied 532 vv 1-2 Ons Vader neem ons hande (sit)

Votum

[Lied 332]
God se liefde,
so oneindig,
sien die nood van sondaars raak
en God stuur vir ons die Christus
wat van sondaars kinders maak.
Jesus wys ons hoe sy liefde
liefdeloosheid kan oordek
en in harde menseharte
deernis en geloof kan wek.

Seëngroet

Lofsang en aanbidding

Vonkk 85 (Psalm 8) Gemeente keersvers (staan)
Flam 112 Ons roem u naam (staan)

Gebed

Kinderlied

(ons verwelkom almal)
Vonkk 81 Jesus, al is ek maar klein

Skriflesing

1 Kor. 13 teks hele reeks
elke Sondag stukke in fokus.
Vandag 13:4b:

4…die liefde is vriendelik;…

Nuwe Direkte Afr. Vertaling,
meer akkuraat:

Liefde gee om

Kindertyd

• Ursula groet en verjaarsdae

Storie:

• Charel du Toit vir my geskryf

Aileen was altyd laaste gewees.
Haar lampie het nooit mooiste of helderste geskyn nie.
Al die ander vuurvliegies het haar gespot:
“Haha, Aileen se lampie kan nie eens aanhoudend skyn nie.
Sy moet dit aan en af sit want sy is nie sterk genoeg nie!”.

Aileen se ma het altyd vir haar gesê
dat elke vuurvliegie anders is
en dit beteken net dat jy spesiaal is
en dat jy iets kan doen wat niemand anders kan nie.

“Maar hoe kan dit goed wees ma?
My lampie skyn nie so helder soos die ander nie,
en ek kan nie eens my lampie aanhoudend laat skyn nie.
Dit flikker net heeltyd!”.

Maar haar ma sal antwoord:
“Ons almal het ʼn spesiale ietsie wat ons kan doen, Aileen,
ons elkeen kan op ons manier ander help.”

Op ʼn dag raak die prinses van vuurvliegland weg.

Dit raak gereeld mistig rondom die vuurtoring waar hulle almal bly
en soms kan die vuurvliegies nie hulle pad huis toe kry nie.

Die wag kom vertel toe vir almal
dat die prinses van vuurvlieg land weg is
en almal moet onmiddellik hulle liggies laat skyn
sodat sy gevind kan word.

Elke vuurvliegie skyn toe hulle liggies
en wag vir die prinses om terug te kom.

Ure gaan verby
en niks nie,
die prinses is nog steeds weg.
“Sy moet sekerlik baie vêr weg wees
dat sy nie ons liggies kan sien nie!”
sê Manie die vuurvlieg-kaptein!

Met eens hoor hulle ʼn harde geluid,
amper soos ʼn olifant wat trompetter!

Manie vlieg onmiddellik na die bokant van die vuurtoring
en sien dat daar ʼn skip is wat op die vuurtoring afpyl!

“Die skip sien nie die land nie!” skree Manie.
“Almal kom skyn julle liggies hier bo!”

Al die vuurvliegies jaag na bo om hulle lig gelyk te skyn,
selfs Aileen is daarso.
Hulle skyn almal saam
maar die skip kom nog steeds na hulle toe!

“Harder”, skree die kaptein.
Maar steeds niks nie!
Die skip is baie naby nou!

Die vuurvliegies besef
dat die kaptein van die skip
sekerlik aan die slaap geraak het
en hy word nie wakker van net ʼn lig alleen nie,
hulle moet iets anders probeer.

Almal probeer dink wat
maar daar is een vuurvliegie met ʼn plan:

Aileen spring skielik op,
haar ma se woorde in haar kop, en sê:
“Almal!
Vlieg agter my aan!
Skyn julle liggies soos myne!”

Al die vuurvliegies lag!
“Haha Aileen,
jou liggie is nie eens helder nie,
dit flikker sommerso aan en af,
hoe kan jy ons help?”

“Kom ons werk saam”, sê Aileen!
“As ons almal ons liggies aan en af skakel
gaan dit die kaptein wakker maak.
Amper soos morse kode!”

“Ons moet ten minste probeer” stem al die vuurvliegies saam!
“Wys ons hoe Aileen”.

Aileen begin vlieg
met haar liggie wat aan en af flikker
en almal volg haar.
Al rondom die ligtoring.

Die lig om die vuurtoring begin net-net skyn
nie maar flikker.
Die aan-af, aan-af van die lig
pla die kaptein se oë so
dat hy skielik wakker skrik.

Hy gryp die boot se stuur
en pluk dit hard na die kant toe!
Die boot vaar net voor die ligtoring verby
en al die vuurvliegies juig!

“Wow Aileen!
Jy het ons en die skip gered!”
sê al die vuurvliegies saam.
“Hoe kan ons ooit vir jou dankie sê?”

“Nee” sê Aileen,
“Ons elkeen het ’n liggie
en saam maak ons liggies ’n verskil!”.

Van heel onder die ligtoring hoor almal ʼn geskarrel.
Wat kan dit wees?
Een van die vuurvliegies skyn hulle lig na onder
en wie kruip agter ʼn hoekie uit?
Die prinses van vuurvlieg land!

“Prinses! Ons soek al oral vir jou!”
Sê Manie, die kaptein.

“Ek was besig om te slaap” sê die prinses,
“en toe maak julle liggies wat flikker my wakker!”

Al die vuurvliegies bars toe uit van die lag!
Want dit maak nie saak watter tipe liggie jy het nie,
jy moet dit net laat skyn!
Jesus roep elkeen van ons
op ons klein, eie manier
iets te doen,
verskil maak.

Kinders gaan uit.

Kinders gaan Mark 6 – vermeerdering brood lees,
gaan brood smeer,
Theo gaan vat vir mense by karavaanpark buite Willows.

Mense daar woon GEEN kos,
werklik elke dag behoefte.

Sommer ook herinner vrieskas in Ark –
soos ingaan by deur.

Enige oorskietkos –
as gister te veel vleis gebraai –
sit in vrieskas.
Sondag na kerk,
enige dag kantoorure.

Mense werklik honger,
enige kos maak verskil.

Oorgang

(verwelkom almal – kan stil word)
Voor nader na teks kyk,
self toewy aan God,
oopstel.
Nie net na woorde luister,
maar ook bereid te LEEF wat Woord vra.

Gebed God help hoor op manier vrug dra,
gereed verklaar te doen wat van ons vra:
Lied 284 Laat Heer U vrede deur my vloei

Preek

liefde gee om

Reeks: Beter Saam
40 Dae van gemeenskap
erediens 1 Kor. 13,
Kleingroepe
stiltetyd
Vandag
1 Kor. 13 4b-
liefde is vriendelik
Liefde gee om

χρηστεύεται –
Eng = “kind”
dalk eerder goedheid as vriendelikheid.
Woordeboek:

to provide something beneficial for someone as an act of kindness—‘to act kindly, to be kind, kindness.’ (Louw, J. P., & Nida, E. A. 1996. Greek-English lexicon of the New Testament: Based on semantic domains (electronic ed. of the 2nd edition.). Vol. 1 (749). United Bible Societies: New York)

Dus DAAD.

Liefde nie in eerste plek gevoel,
maar daad,
manier van optree.

Natuurlik hele Bybel,
verlede week
Verlede week Gal 5:6

Al wat van belang is
is geloof
wat deur liefde
tot dade oorgaan.

1 Johannes 3:18

18Liewe kinders,
ons liefde moenie net woorde
en lippetaal wees nie,
maar moet met die daad bewys word,
en dan in opregtheid.

1. So liefde belangrikste deel van gelowige lewe
2. En liefde is DAAD,
iets wat doen.

Geestelike volwassenheid

Liefde deel van geestelik volwasse word.
Geloof is proses,
groei,
God ons vorm
al meer word soos wil hê –
noem dit geestelike volwassenheid.

1 Kor. 13(11):

11Toe ek ’n kind was,
het ek gepraat soos ’n kind,
gedink soos ’n kind,
geredeneer soos ’n kind.
Maar noudat ek ’n grootmens is,
is ek klaar met die dinge van ’n kind.

Wanneer mens geestelik onvolwasse,
fokus na binne,
selfsugtig
fokus op self
eie voorkeure en behoeftes

Soos geestelike peuters:
“ek ek ek”
“myne myne myne”:
leer mý
troos mý
voldoen aan mý behoeftes
voer mý…
party van ons selfs slapies in die kerk.

Maar soos wat grootword,
volwasse Christen word,
leer om na buite te kyk,
begin eerder vra:
hoe kan ek vergewe
wie kan ek help
waar kan ek dien
hoe kan ek liefde met dade wys.

geestelike volwassenheid
beteken dat in Liefde
omgee vir ander.

Reik uit in liefde

Dit is elke enkele een van ons se roeping.
In liefde uit te reik.

Elke enkele mens op hierdie aarde is geliefd –
God het almal lief.
Nie almal weet dit natuurlik nie.

Maar wanneer jy dit ontdek,
besef en beleef
hoe lief God jou het
dan word dit jou roeping
om goeie nuus te deel –
om ander te vertel dat God liefhet.

Ons noem dit evangelisasie.
Elke enkele gelowige se opdrag:
GAAN,
vertel dat God mense liefhet.

En, woorde van St Francis van Assissi:
Verkondig die evangelie en
indien nodig
gebruik woorde.

Want al wat van belang is
is geloof
wat in liefde
tot dade oorgaan.

Verkondig evangelie,
vertel mense God hulle liefhet
nie eerste plek in wat sê
maar in wat doen.

Mense mag twyfel in wat jy sê
sal altyd glo wat jy doen.

Elkeen van ons
geroep evangelie te verkondig
deur liefde te leef,
ander te dien.

Jy is God se plan

God het
nog voor jy gebore is
geweet waar jy gaan woon
waar jy gaan werk
wie jy gaan ken
waar kerk toe sal gaan.

watter talente
vermoëns
passie
op hierdie oomblik
in hierdie gebou
saam gaan wees.

En hy het elkeen van ons
om ’n rede
hier gesit.

Wat is daardie rede?

God wil ons gemeente gebruik
om die wêreld te help
om God se liefde te ontdek.

en daarin het jy ’n rol te speel.

Kyk om ons rond,
sien stukkende wêreld:
hartseer
dwelms
misdaad
honger
haat en onvrede…

Wonder jy wat God se plan is om al hierdie goed op te los?

Antwoord:
kyk rondom jou rond in hierdie vertrek.

Ons is God se plan.
God wil deur ons die wêreld bereik
deur ons iets doen aan probleme in wêreld.

God nog altyd mense gebruik
sy liefde na die wêreld te bring
impak te maak probleme van wêreld.

Ons is die liggaam – die lyf, hande voete –
van Christus op aarde.
Ons instrument God liefde op aarde.

JY.
Jy is God se plan wêreld bereik.

Gou voorbeeld van hoe dit werk:

Markus 6:35-44
God duidelik ernstig hierdie een!

Kyk wat hieruit leer vir hóé uit liefde dien.

1. Sien die behoefte raak

Kyk wat gebeur hier.
Dissipels kyk om rond,
sien mense honger.

Dis stap een God jou gebruik –
sien die behoefte van ander raak.
Hier sê:
ons almal sien verskillende behoeftes raak.
Goed en reg so –
kan nie almal alles doen.

God maak jou oë oop vir spesifieke goed,
gee passie –
waarskynlik verbind jou roeping.

Maar kan ook nie nét dit doen.
Dis hoekom in gemeenskap –
help mekaar nood sien.

So dissipels sien mense is honger
wil wegstuur dat kan kos kry.

Jesus sê:
“Gee julle vir hulle iets om te eet.”

Let’s face it:
dis onmoontlik!
Geen manier dissipels het genoeg vir lamal te sorg.

Maar dis die ding:
God vra dikwels ons goed doen onmoontlik lyk.

Gaan wonderwerk doen,
maar vra éérs ons om iets te doen.

Sit self in diss skoene –
12 van julle
kom ons sê 15 000 van hulle.

Jesus sê:
moenie wegstuur.
Is jou verantwoordelikheid.

Wat gaan jy doen?

Want ding is,
ons IS nou in diss skoene.
Ons is sy dissipels,
en ons is Jesus antwoord vir wêreld probleme!

Mense is honger!

Stap 2: Kyk wat jy het.

Jesus sê: voer hulle!
Hoeveel het julle?
Gaan kyk.

Netnou gesê God jou met rede hier geplaas,
met gawes, tyd, bronne, kennisse, netwerke, vriende
wat jy nou het.
Omdat dít wil gebruik.

Maar weet jy wat?
Gaan nie genoeg wees nie!

Want hier is twee goed aan die gang:
Jesus wil hê jy moet weet wat het –
bereid wees dit te gee in sy diens,
hy dit kan gebruik.

Maar Jesus wil ook hê jy weet
wat jy NIE het.
Dat nie genoeg het.

Want sal nooit weet hoe groot wonderwerk is
as nie besef hoe onmoontlik odds is!

Ons baie keer wil iets doen,
wil wag tot tyd reg
tot genoeg het
weet
watookal…

Moenie wag tot meer het-
begin met wat nou het,
gee vir Jesus wat jy nou het.

Jesus vat bietjie dissipels het om te gee,
doen wonderwerk –
meer as wat hulle ooit kon droom!

Wie is honger mense jy raaksien?
Fisies
emosioneel
geestelik
verhoudings…

en wat het jy in jou hande?

Dit sal genoeg wees.

3: Maak ’n plan

Jesus sê dissipels mense laat sit in groepe 100’s en 50’s

Kon mob gewees,
food fight of biblical proportions.

Maar Jesus breek in kleiner stukkies,
organiseer –
begin by wat kan doen.

4. berei jou hart voor

Dissipels was bereid Jesus gee,
selfs bietjie wat het,
want harte was gereed.

Dis wat jy kan doen –
gee wat jy het:
tyd
talent
energie
verhoudings
netwerke

Gee wat God jou gegee.

dissipels 5 brode, 2 vissies.

Wat het julle?
Gee vir God.
Hoekom?
Want dit is wat is om om te gee – kindness.

Jesus gee vir ons
sodat vir ander kan gee.

Ons is tregter
waardeur God ander seën.

en weet jy wat?
Wanneer jy dit doen,
word jy méér geseën.

God seën gaan deur jou,
vul ook jou.

Laaste: wees beskikbaar.

Dissipels gee vir Jesus wat het,
Jesus neem dit
breek dit
seën dit
gebruik dit.

Jesus vat oor,
seën wat hulle gee
gee dit vir hulle terug!

Ons baie keer,
veral as eie inkomste –
kan geld na probleem gooi.

natuurlik NB geld gee.
Maar kan nie nét van afstand geld gee –
te onpersoonlik!

Jesus gee brood terug –
dissipels sélf uitdeel.

Want deur hulle
mense kontak met hom
sien en beleef sy liefde.

Dissipels tussen mense.
Nie vir self –
vir mense buite kring.

God praat liefhê
ook mense buite gemeente,
mense hom nog nie ken.

Wat beteken dit vir jou?

Iemand kom laat by kerk,
vra:
is the Bible study done?
Antwoord:
it’s been taught
but not yet done.

Het die diens al begin?
Nee,
die diens begin wanneer ons hier uitstap.
Wanneer ons liefde DOEN.

Erediensbeplanningsgroep sê vertel van #neknominations
Vroeër vanjaar –
nou al ou nuus –
(verbeel my het vertel,
kon nie vind –
doen maar weer)
Neknominate, also known as neck and nominate, neknomination or neck nomination, is an online drinking game. The original parameters of the game require the participant to film themselves drinking a pint of an alcoholic beverage, usually beer, in one gulp and upload the footage to the web. The participant then nominates two others to do the same, although a third nomination has become commonplace. The nominated person has to complete the task within 24 hours.

The game became popular in early 2014, and as it spread it escalated, with nominees performing the challenge in more extreme circumstances, drinking more potent beverages or engaging in dangerous activities either during or immediately after consuming their beverage. The British tabloid newspaper Metro reported that at least five deaths in the United Kingdom and Ireland are believed to have been directly linked to the drinking game.

Totdat iemand,
Feb. vanjaar
hier in SA,
neknominations aangepas –
nie drink,
goeie dade.
Nomineer 3.

Wêreldwyd versprei –
internet-taal sê “viral” gegaan.

Reuse beweging geraak,
mense iets goed doen,
video (of foto collage)
nog drie mense nomineer.
Video wys een van ons eie,

#sommerdiens

Sommer vir pret
ek daag vanoggend

uit om iets goeds te doen
video/foto collage
#sommerdiens
gemeente facebook
nog drie mense nomineer

Julle het week.

Maar uitdaging ons almal
aan Here behoort
deur Here in hierdie gemeente gesit.
Nie net uitdaging,
roeping
opdrag –
liefde te leef.

Kinders vanoggend brood smeer,
kos vir mense regtig nie kos.
Vrieskas Ark.

Bedieninge katalogus –
al plekke betrokke kan raak.

Weet meeste van julle reeds betrokke.
As nie is –
vind uit hoe jou liefde tot dade kan oorgaan
neem eerste tree
dóén iets
liefde tot dade oorgaan
in diens aan wêreld.

Gebed

Dankoffer

Slotsang

Lied 534 God roep ons om met woord en daad (staan)

Seën

Mag die Here
julle liefde vir mekaar
en vir alle mense
laat groei
en oorvloedig maak

Respons

Lied 553 Stuur ons, Here

     

Tags: , , , , ,

Trackback from your site.

Comments (1)

  • Avatar

    Charel

    |

    Yeah my naam is in een van Rethie van Niekerk se preke!!!!

    Reply

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Genévieve Young

    |

    ASAP

    Ek is n 2de jaar Argitek student, van NMU.
    Ek is dringend opsoek na n tuinwoonstel.

    1 or 2 bedroom/s
    1 or 2 bathroom/s
    Kitchen
    1 or 2 Parking/s (secured)
    Space to work (medium space required)

    Kontak my groot asb.
    Genévieve Young
    060 6514 417
    Of Morné Young
    082 4211 984

  • Avatar

    Anita

    |

    So jammer ek het nie voorheen kommentaar gesien nie. Sy is geholpe. Dankie

  • Avatar

    Carla

    |

    Hi, is die woonstel nog beskikbaar?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Elizabeth, jou vraag is relevant. Vir my gaan dit alles oor konteks. Die regte ding in die verkeerde konteks kan ‘n mens ontstel, terwyl in die regte konteks dit ‘n mens kan ophef. Die idee van Jesus as die Heer van die dans kan goed met sy eie opmerkings oor sy boodskap in hierdie teks verbind word. In ander kontekste kan dieselfde boodskap oor die dansende Jesus afbreek doen aan sy Goddelikheid. Groete.

  • Avatar

    Elizabeth

    |

    Dankie vir die preek..
    Ek het die lied in ‘n video gesien waar daar ballet gedans word met die ” Tema Dance with Me”. Dit was pragtig maar ek het gevoel dit pas nie.
    Was ek verkeerd?
    Ek het hulp gesoek en -Kom na My toe – en op hierdie preek afgekom.
    Baie dankie dit was verfrissend.
    Goeienag.
    Elizabeth