Die Goeie, Lieflike God
1. Agtergrond
In die eerste kwartaal het ons erediensreekse Laat Jesus deur jou leef (oggenddiens) en ’n Hart soos Jesus (aanddiens) dieper na Jesus gekyk. Deur Jesus beter te leer ken, leer ons ook om te leef soos Jesus. In die tweede kwartaal het ons by die oggenddienste (BeGeesterd) en tydens Pinkster (InSpiratus) gevra wie die Heilige Gees is en hoe die kennis van die Gees ons gedrag bepaal.
Hierdie kwartaal vra ons na die derde Persoon van die Drie-Eenheid: Vader, Skepper. Ons kyk na God deur die oë van Jesus, om God sodoende beter te leer ken en liefhê, sodat ons kennis van God die realiteit word waaruit ons leef.
2. Godsbeelde
In die Christelike lewe speel ons Godsbeelde, die manier waarop ons oor God dink, ’n uiters belangrike rol. ’n Verkeerde beeld van God kan ons verhouding met God en ons hele lewe saam met God skeef trek, en sodoende onsself en ander seermaak. Ons fokus gevolglik daarop om ons vals beelde van God af te lê, terwyl ons leer om saam met die ware, lewende God te leef.
3. Geloofsgewoontes
Ons gaan ’n paar geloofsgewoontes inoefen. Die geloofsgewoontes (geestelike dissiplines) is eeue-oue wysheid, wat Jesus self beoefen het en wat van groot belang is vir ons lewe saam met God. Die geloofsgewoontes is verhoudingsdissiplines, wat belangrik en noodsaaklik is vir ons verhouding met God.
4. Inoefening
Ons gaan elke week vier hulpmiddels gee:
Daar is ’n teologiese raamwerk, wat ’n bietjie teologiese agtergrond gee tot die week se tema – as’t ware ’n vooruitskouing na die komende Sondag se preek.
Die Geloofsgewoonte verduidelik die gewoonte en gee kreatiewe voorstelle vir die inoefening van die gewoonte.
Verder is daar riglyne vir huisgodsiens, asook riglyne vir kleingroepe. Kleingroepe kan natuurlik ook die ander hulpmiddels gebruik in hul gesprekke.
As jy graag vir die loop van die kwartaal by ’n kleingroep wil aansluit, kontak die kerkkantoor by 041 583 5115 of info@somerstrandgemeente.co.za
aanddiens, Die Goeie Lieflike God, Erediens, familiediens, geloofsgewoontes, oggenddiens, preekreeks