Die Amazing Grootmensjag

Verlede Sondag-aand het ons gemeente se tieners in massas die dorp in getrek, op soek na grootmense se handtekeninge.  Hulle moes o.a. volwassenes vind (nie hul ouers nie!) wat gereeld vir hulle bid, wat hulle op die voornaam ken, na wie toe hulle met vrymoedigheid kan gaan vir raad, met wie hulle sal gesels oor hul geloof, ens.  In die proses sien hulle dat hulle deel is van ons gemeente en ontdek hulle hoeveel volwassenes daar is wat vir hulle omgee. 

‘n Groep Graad 9’s het in rekordtyd hul lys vol handtekeninge gemaak en wen ‘n ete by die Wimpy in die Boardwalk.  Baie geluk aan Carine van der Westhuizen (bestuurder), Minet Nell, Tristan Koen, Lauren Lloyd, Doré van Eyk, Esté Bam en Eileen van der Westhuizen . 

Baie dankie aan alle grootmense wat saam gewerk het met vriendelike, vinnige handtekeninge!  Kyk gerus op hier vir nog foto’s!

–Geen grootmense is seergemaak in die uitvoering van hierdie kompetisie nie–

grootmensjag, tieners

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.