Covid-19 Bedryfsplan

Ons het ons eerste kerkraadsvergadering per zoom gehad verlede Maandagaand. Ons het die Covid-19 bedryfsplan goedgekeur. Ek is as Covid-19 amptenaar aangewys. Die bedryfsplan is op die webtuiste aangebring en sal aangevul word soos die regulasies van tyd tot tyd verander.

Ek wys net op die oorhoofse vertrekpunt en ons besluit oor eredienste in die kerk.

“Ons moet nie net die regulasies nakom nie, maar ook uitdrukking gee aan die bedoeling van die regulasies, naamlik om die verspreiding van die koronavirus te beperk terwyl ons ‘n reeks bedrywighede weer mag hervat. Die verskillende uitgawes van die staatskoerant met regulasies is ‘n noodsaaklike bron. Ons moet die hele tyd evalueer hoe die uitvoering van ons besluite verloop. Ons vra gereeld wat ons daaruit geleer het en hoe ons dit beter kan doen.”

Ons het daarom besluit om nie eredienste in die kerk te hervat in die volgende maand tot middel Julie nie. Die kerkraad sal dan weer bymekaar kom en die besluit in heroorweging neem.

     

Trackback from your site.

Comments (2)

  • Avatar

    Tilla Olivier

    |

    Baie dankie!

    Reply

  • Avatar

    Judy

    |

    Dankie Chris dat jy die Woord so duidelik vir ons oopbreek. Theo en ek geniet jou boodskappe en neem dit ter harte!

    Reply

Leave a comment