Skip to main content

NGK Somerstrand 22 Januarie 2023 | Kerk en Youtube 09:00

 

Skriflesing: Markus 11:12-25

Tema: Ware Godsdiens wat vrug dra

Boodskap: Jesus vervloek hier die vyeboom voordat hy die tempel besoek en dit reinig en kritiseer. Toe hulle weer op pad terug van die tempel af kom, is Petrus en die dissipels in verwondering omdat die boom toe heeltemal verdroog het. Dan praat Jesus met hulle oor die betekenis daarvan en verwys ook na ‘hierdie berg’ wat die tempelberg sou wees. Dus het die vervloeking van die vyeboom met die Tempel in Jerusalem te make gehad. Jesus het by die Tempel ook nie vrugte van ware Godsdiens gevind nie en die Tempel sou ook totaal nutteloos en irrelevant word vir die ware geloof. Uit hierdie gebeure leer Jesus ons iets oor ware Godsdiens wat vrug dra.

Ds. Vian du Plessis

NGK Somerstrand 1 Januarie 2023 | Kerk en Youtube 09:00

Nuwejaarsdiens

Skriflesing: Psalm 1

Tema: Ontvang die seën van God

Boodskap: Ons wens mekaar graag seën toe vir die nuwejaar. Miskien bedoel ons daarmee dat ons hoop dit sal ‘n goeie jaar vir die ander persoon wees. Dit is ‘n soort wens wat ons uitspreek. Psalm 1 praat egter van ‘n seën wat vas en seker is. Die digter begin met die woorde: “Gelukkig is die mens…” Dit is die seën van God wat Homself en Sy Woord aan ons gee. As ons op Hom vertrou en in Hom bly, kan ons seker weet dat die Here ons en ander daardeur sal seën. Vandag hoor ons wat sê Psalm 1 oor die seën van God vir die gelowige.

 

Ds. Vian du Plessis