Gemeentevernuwing 17-22 Sept Ps 78

gemeentevernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 5 van “Faith Begins at Home”

RUS EN ONTVANG

  • Vertel vir mekaar van die kerk van jul kinderjare (ouers vertel vir kinders).  Wat onthou jy van kerk?  Watter rol het die kerk in jou kinderjare gespeel?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR EN ONTGIN

Lees Psalm 78:1-7

  • Wat staan vir julle uit met die lees van die teks?
  • Vers 4 van die Psalm sê dat ons vir die volgende geslag sal vertel wat die Here gedoen het.  Vertel vir mekaar waarmee die Here besig is in jou lewe, of van ‘n keer wat jy God se krag ervaar het.
  • [Vir volwassenes:]  As die fondament van reëls nie ‘n verhouding is nie, lei dit tot rebellie (vers 7).  Wat is die verskil tussen gehoorsaamheid wat uit ‘n verhouding groei en gehoorsaamheid wat net reëls nakom?  Hoe kweek ons gehoorsaamheid uit wat uit ‘n verhouding kom?
  • Mark Holmen skryf in hoofstuk 5 van “Faith Begins at Home” oor die voorreg van kerk toe gaan.  Hy praat ook van die gesindheid waarmee ons aan ‘n kerk behoort:  “Thy will be done” of “my will being done”.  Dan sê hy:  “The degree to which you actively engage yourself in the life of an intentional Christian community is the degree to which you’ll be satisfied as a family” (bl. 126-127). Wat dink julle?  Watter rol speel die kerk in ‘n individu – en ‘n familie – se geloofslewe?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Dink terug oor die “Radikale Vernuwing” reeks van die afgelope paar weke.  Vertel vir mekaar: (1)  wat is die belangrikste punt wat jy wil onthou?  (2) Wat is een ding wat jy gaan doen?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
Continue Reading

Kind vernuwing 2-8 September 2012 Psalm 127

kind vernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 3 van “Faith Begins at Home”

RUS EN ONTVANG

  • Dink aan die mense wat ‘n invloed op jou gehad het toe jy ‘n kind was.  Watter rol het hulle gespeel (of nie gespeel nie) in die ontwikkeling van jou geloof?
  • Hoeveel ervaring het jy van geloof gehad toe jy groot geword het? Hoe het geloof in julle huis gelyk?  

Lees Psalm 127

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Ouers verduidelik vir kinders wat ‘n “fondament” is.  Wat beteken dit prakties dat die Here ‘n huis bou? 
  • Kyk ook na Matteus 6:25-27.  Vertel vir mekaar van ‘n geleentheid wat jy die Here moes vertrou om vir jou te sorg, omdat jy magteloos was. 
  • Vir die moderne leser kan vv 4-5 van die Psalm vreemd klink.  Ons verstaan nie meer die gevare van ‘n antieke samelewing waar ‘n nageslag beskerming was teen siekte, oorlog en hongersnood nie.  Dit kan daartoe lei dat ons die Psalm verkeerd verstaan.  Ons kan óf hunker na ‘n geromantiseerde verlede waar families hoog geag is (terwyl daar in der waarheid geen tyd in die geskiedenis was wat so ‘n hoë premie op families en kinders geplaas het soos wat vandag die geval is nie).  Of dit kan die pyn van kinderlose mense verdiep (om nie eers te praat van die patriargale fokus nie).  Die doel van die Psalm is om mense se basiese kwesbaarheid te onderstreep.  Die Psalm sê wat Jesus in Johannes 15:5 bevestig:  “Sonder [God] kan julle niks doen nie.” Watter troos, dink julle, sou hierdie Psalm vir die antieke gelowiges inhou?  Hoe help dit ons om die Psalm beter te verstaan?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Ouers verduidelik vir kinders dat die vyand in die stadspoort enige iets is wat ons bedreig of bang maak.  Vertel vir mekaar wat die “vyand” in julle lewens is.
  • Wie is die mense wat saam met jou in die stadspoort staan?  En saam met wie staan jy in die stadspoort?
  • Wat vra God nou van julle?  Hoe gaan julle daarop reageer?

Gesin vernuwing 26-31 Aug Deut 6

gesin vernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 2 van “Faith Begins at Home”

RUS EN ONTVANG

  • Watter gewoontes of gedrag of houdings het jy by jou ouers geleer?  As jy self ‘n ouer is, watter gewoontes of gedrag of houdings sien jy by jou kinders wat jou eie gewoontes/gedrag/houdings reflekteer?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR EN ONTGIN

Lees Deuteronomium 6

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Deuteronomium beteken letterlik “tweede wet” – die herhaling of onderstreping van die wet.  Hoekom word God se opdragte soveel keer herhaal?
  • Kyk weer na verse 5-6.  Hoe lyk ‘n lewe wat getrou is aan hierdie verse?  Hoe kan ons so leef?

Net vir volwassenes:

Dink na oor jou eie lewe saam met God.  Maak ‘n merkie langs die stellings wat tans waar is van jou en ‘n sterretjie langs dié wat jy mee wil begin:

  •     Ek lees die Bybel en word bemoedig deur ander gelowiges se voorbeeld.
  •     Ek vertrou op Jesus en bid dat die Gees my sal lei deur my lewe.
  •     Ek is verbind aan ‘n Christelike kerk.  Ek aanvaar dat, hoewel die kerk foute het, ek die kerk nodig het.
  •     Ek het ‘n groep mede-gelowiges wat saam met my op reis is.

 In my lewe tans is ek

__ op ‘n gemaklike plek in my lewe

__ bang en kan die stormwaters hoor aankom

__ in die middel van ‘n stroomversnelling

__ op pad na ‘n groot rots wat ek met ‘n slag gaan tref

__ net besig om uit die stroomversnellings na die rustiger water te beweeg

__ in die versoeking om op te gee

__ naby aan die einde van die reis – en gereed om dit weer van voor af te doen!

LEEF EN ONTPLOOI

  • As julle wil, kan julle jul gewaarwordinge uit jul nadenke oor jul persoonlike reis met mekaar deel.
  • Waar is jy in jou reis saam met God?  Waaraan moet jy aandag gee?  Wat gaan jy doen?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Tilla

    |

    Sien so uit daarna!

  • Bybelskool » Ons het herlewing nodig

    |

    […] Vandaar het dit gesprei na Brittanje, Europa, Indonesië en uiteindelik na Suid-Afrika. Ons Pinksterbidure is die getuienis […]

  • Avatar

    Willem Wiid

    |

    Ek is opsoek na verlede Sondag (20/10/2019) se liturgie. Kry dit ongelukkig nie opgespoor nie. Kry ook nie die afkondigings nie

  • Avatar

    Riana Carstens

    |

    Dankie!!!!!! N insiggewende opbouende preek wat die “Goeie nuus” boodskàp ook bevat. Baie baie dankie.

    Riana