Luisterblad 25 November tot 1 Desember

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God:

Dink terug aan die begin van die jaar:  Waarop het jy gehoop?  Watter van daardie hoop het waar geword?  En wat nie?

Ingaan in God se tyd:

Neem die dinge waaroor julle nou gesels het, in gebed na God toe en vra dat die Gees met julle sal praat.

Luister na God se Woord: 

Lees Habakuk 1:1-7, 2:1-4, 3:17-19.  As julle kan, kyk die Bible Project se oorsig oor Habakuk. Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?

Continue Reading

Luisterblad – 5-11 November 2018

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God: Vertel vir mekaar waarvoor julle hierdie week spesiaal dankbaar is.

Ingaan in God se tyd: Bid ’n paar gebede van danksegging.

Luister na God se Woord:  Lees Lukas 15:25-32.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?

Luister na mekaar:  Vertel vir mekaar wat julle getref het in die gedeelte.

Luister na ander en die tye:   Sondagoggend is ons jaarlikse Dankofferfees.  Hoe verstaan julle die idee van dankoffers:  hoekom gee ons dankoffers, watter rol speel dit in ons geestelike lewe, hoeveel moet ’n mens gee, ens.?

Hoe help die woord “rentmeesterskap” jou om te dink oor dankoffers?  Watter gedagte maak vir jou die meeste sin:  dié van rentmeesterskap, of van “dank”-offers?

Luister weer na die Woord: Dink aan die teks as ’n venster op God.  Wat sê die teks van wie en hoe God is?  Hoe leer jy vir God ken uit die teks?

Dink aan die teks as ’n spieël wat vir jou opgehou word.  Wat sê die teks oor jou?  Waarop laat dit God se lig val?  Wat leer jy van jouself?

Fokus op wat God nou doen:   Dink aan die teks as ’n deur waardeur jy kan gaan.  Watter reaksie vra die teks van jou?  Wat moet jy doen?

Antwoord met ons lewe:   Bid vir mekaar vir wysheid.  As daar ’n spesifieke saak is waarvoor iemand wysheid soek, bid spesifiek daarvoor.

Continue Reading

Luisterblad – 8-14 Oktober 2018

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God: Vertel julle geloof-stories vir mekaar.  Was jou familie gelowig?  Jou grootouers?  Wie is die mense wat vir jou vertel het van God?

Ingaan in God se tyd: Bid saam en dank God vir die mense wat julle “ingelyf” het in die geloof.

Luister na God se Woord:  Lees Josua 24:1-15.

Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?

Continue Reading

Luisterblad – 13 tot 19 Augustus 2018

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God:

Vertel van ’n keer wat jy besondere gasvryheid beleef het.

Ingaan in God se tyd:

Laat elkeen ’n lys maak van mense wat jou al by hulle kring ingesluit het, maar wat nie in jou sosiale kring is nie.  Dink oor hoe dit jou laat voel het.  Dink ook oor hoekom hierdie mense dit gedoen het.  Watter impak het dit op jou lewe gehad?

Continue Reading

Luisterblad Rut 3 – 29 Julie tot 4 Aug

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God:

Het jy al ooit iemand in jou lewe gehad wat dit hul besigheid gemaak het om na jou welstand om te sien, al was dit nie hul verantwoordelikheid nie?  Of dalk het iemand beter na jou gekyk as wat van hulle verwag is?  Vertel vir mekaar daarvan.

Ingaan in God se tyd:

Bid saam en vra die Here om met julle te praat.

Luister na God se Woord: 

Lees Rut 3.

Continue Reading

Luisterblad Rut 2 – 22 tot 28 Julie 2018

KLEINGROEPE SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God:

Vertel vir mekaar van “toevallige” gebeure in jul lewens, wat julle vandag dink eintlik God se voorsiening was.

Ingaan in God se tyd:

Maak julle oë toe en luister biddend terwyl iemand Psalm 46 rustig lees.

Luister na God se Woord: 

Lees Rut 2.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?

Continue Reading

Kleingroepmateriaal – Numeri 22-24

PERSOONLIKE LUISTER

Stop: Word stil.  Word stil.  Fokus jou gedagtes elke dag op God deur die Aäronitiese seën in Num. 6:24-27 te oordink en vir jouself toe te eien.

Neem Waar:  Lees Numeri 22-24.  Watter woord of frase staan vir jou uit?  Staan stil by daardie woord of frase.  Hoekom haak dit in jou gedagtes vas?  Wat sê die Here daardeur vir jou?

Luister:  Dink terug oor jou lewe:  waar het God al in die verlede   onverwagse mense of situasies gebruik om met jou te praat?  Waar het God jou al op onverwagse maniere gebruik?  Dink na oor jou huidige omstandighede:  kan dit wees dat God besig is om met jou te werk / praat, maar jy dit nie sien / hoor nie?  Vra die Gees om jou oë oop te maak vir God se werk in jou lewe.

Continue Reading

Vreugdevol Vry Kleingroepe

Volgende kwartaal vier ons 500 jaar van reformasie met die tema: Vreugdevol Vry!

Bestel die kleingroepmateriaal (met dagstukkies) @R25 per boekie, voor 17 September by die Kerkkantoor. Daar is ook leiersgidse teen R25 per boekie.

As jy nie tans aan ‘n kleingroep behoort nie, oorweeg gerus om net vir volgende jaar die Vreugdevol Vry! reeks saam met ‘n kleingroep te doen.  Kontak die kerkkantoor om by ‘n bestaande kleingroep in te skakel of ‘n nuwe groep te begin.

Continue Reading

Kleingroepmateriaal: Numeri 13 en 14 – Vrees en vertroue, regverdigheid en genade

PERSOONLIKE LUISTER

Stop: Word stil.  Dink na oor die “reuse” in jou lewe, jou vrese en bekommernisse.  Noem hulle elkeen vir die Here.

Neem Waar:  Lees Matteus 6:25-34.  Lees die gedeelte ’n paar maal deer.  Dink na oor die wisselwerking tussen vrees en vertroue in jou eie lewe.  Iemand het gesê die pad na die beloofde land vra “dapperheid, inspanning en hoop”.  Wat is die beloftes van God waarop jy wag?  Wat is die vrese wat jou verhoed om dit in ontvangs te neem?  Is daar plekke waar jy eerder slawerny kies?  Watter kennis en ervaring uit die verlede herinner jou dat jy maar op God kan vertrou?  Waarvoor word jy tans geroep om God te vertrou?

Luister:  Skryf jou gedagtes in jou joernaal, sodat jy oor tyd kan agterkom hoe die Here besig is om jou te begelei rondom herhalende insigte en ingewings. Lees Num. 6:24-27 en eien dit vir jouself toe.

Continue Reading

Luisterblad 24 tot 30 Oktober 2016

PERSOONLIKE LEWE

Fokus jou gedagtes op God en vra dat die Gees in jou sal werk.

Dink aan ’n spesifieke slegte situasie in jou lewe of in die wêreld. Beskryf die situasie vir God. Deel ook jou gevoelens en gedagtes oor die situasie en betrokke mense met die Here.

Luister na die fluistering van die Gees. Kan jy bv. moontlike goeie werk sien wat God deur die situasie bring, ten spyte van die sleg? Is dit moontlik dat God die situasie kan verander van dood na lewe? Waar is God in hierdie situasie?

Deel jou hoop en vrees met God.

Continue Reading

Kleingroepmateriaal 22 tot 28 Junie

2 Samuel 1:1, 17-27

Week van 22 tot 28 Junie

RUS

• Vertel vir mekaar wat op die oomblik in jul lewens aangaan.
• As julle kans sien, kan julle vir mekaar vertel van ’n verlies wat jou diep geraak het. Hoe het jy gevoel? Wat het jou deur jou treurproses gehelp, of nie gehelp nie?
• Laat iemand Psalm 130 biddend lees terwyl die res van julle met toe oë dit saam bid.

HOOR

Lees 2 Samuel 1:1, 17-27

1. Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.
2. In die tweede helfte van 1 Samuel lees ons van die onmin tussen Dawid en Saul. Saul probeer verskeie kere vir Dawid doodmaak. Dawid sluit hom by die vyand aan! Uiteindelik word Saul oorwin en pleeg selfmoord. Jonatan, aan die ander kant, was Dawid se hartsvriend (1 Samuel 18:1, 3). Tog kies Dawid om ’n huldeblyk vir beide Saul én Jonatan te skryf. Watter nuwe insigte of perspektiewe – indien enige – gee hierdie inligting vir julle oor die teks?
3. Hierdie huldeblyk noem nie een keer vir God nie. Hoe moet ons dit verstaan? Watter rol speel God in ons hartseer en rouproses?
4. Soms dink ons dat wanneer ons God aanbid, ons altyd bly of tevrede moet wees – dat daar nie ruimte vir smart is in aanbidding nie. Dawid se treurlied wys egter die teenoorgestelde: hier, in die Bybel, is daar doelbewuste ruimte vir rou, vir woorde wat uitdrukking gee aan pyn. Wat beteken dit vir jou?
5. As julle verder wil gesels:
Kyndall Renfro skryf aangrypend:

There are people trying to make the Bible out to be a How-To book—how to fix your marriage, how to find happiness, how to vote, how to obtain success. Others try to make the Bible into a science textbook or a historical timeline or a psychology guide. We come to the Bible looking for specific answers to specific problems…
But the Bible isn’t a guidebook or a textbook; it is a Holy Book, and that is something different altogether. The Bible is not a text you dig through to find answers. It is a text you expose yourself to, hoping for a glimpse of God. Worshippers aren’t looking for success or happiness, a psychological diagnosis or a historical fact. Worshippers are on a quest to know God. Worshippers are not afraid of exposing themselves to words they don’t understand—at least, they are fearless enough to give it a try, even if they quake a little in their boots when they do.
Sometimes texts confuse them. Sometimes words disorient them. Sometimes the holy words are just the words they were looking for. Sometimes the Scriptures aggravate them, and sometimes the Scriptures breathe life into dry bones.
They never know what they’ll get on a given day, but they come to the text open-handed and receptive rather than greedy and grasping, and that is what makes the adventure possible. Infused with a bit of the Spirit, an action as monotonous as reading turns into life-altering worship.

Op watter maniere stem hierdie aanhaling ooreen met jou eie ervaring – of nie? Hoe help hierdie aanhaling jou om oor vandag se skrifgedeelte te dink?

LEEF

• Bid vir mekaar.
• Bid ook vir die spesifieke sendeling vir wie jul groep ondersteun.

Continue Reading