Jeug-groepies 2018 begin Sondag

Welkom terug! 

Sondagoggend begin ons weer volstoom met al ons jeug bedrywighede.  Alle voorskoolse tot Gr 7 kinders en hul ouers gaan tydens die erediens uitgaan na die Ark vir die indeling van vanjaar se groepies.

Let op dat die Graad 7’s se groepies voortaan soggens tydens die familiediens gaan ontmoet en nie meer voor die aanddiens soos verlede jaar nie.

Ons benodig baie dringend nog groepie-leiers vir Gr 1, 2, 3, 4, 5 en 7.  (Graad 3, 5 en 7 het nog geen groepleiers nie.)  Ons probeer om twee leiers per groep te hê, sodat leiers net elke tweede week ’n byeenkoms lei.  Meld asb. Sondagoggend tydens die groepe-indeling in die Ark aan as jy ’n groepie sal neem, of kontak vir Rethie.

Gr 8-11 kategese begin Sondagaand – almal kom 17:30 in die Ark bymekaar.

Continue Reading