Biddag vir Opvoeding en Onderwys

Vandag is Biddag vir Opvoeding en Onderwys

Ons dank die Here vir

  • Die wonderlike prestasies van die leerders in ons gemeente.
  • Welkome verbetering in groter getal leerders,  vanaf 4% tot net meer as 30%, wat voldoen aan die vereistes om verder aan hoëronderwys-instellings te studeer.
  • Toename in onderskeidings en die verbetering in Wiskunde en Wetenskap.
  • Vir uitstekende skoolhoofde en onderwysers, dosente, ouers en leerders.

Ons bid vir

  • Die ministers van Onderwys en plaaslike onderwys-strukture.
  • Plaaslike skole, skoolhoofde, beheerliggame, onderwysers, ouers en leerders.
  • Vir jongmense om die onderwys as roeping te sien
  • Werklose jongmense
Continue Reading

Gebedsflitse 21-27 April 2013

SONDAG – Sê vir die Here dankie vir sy liefde en sorg. Bid dat Sy wil sal geskied in jou lewe en as gesin. 

MAANDAG – Bid vir die atlete wat by Boston se marathon beseer is en dié wat familie verloor het in die bomontploffing – en ook vir al die ander mense wat dieselfde week die slagoffers van bomaanvalle reg oor die wêreld was.

DINSDAG – Bid vir Lidmate in die week wat gelei word om vir  iemand ‘n seën te wees uit dankbaarheid vir ons gemeente wat vanjaar 30 jaar bestaan. 

WOENSDAG – Bid vir Pinkster in Mei. Bid dat Pinkster landswyd van ons land ‘n beter plek sal maak. Bid vir Ds Gys van Schoor wat dit kom hou. 

DONDERDAG – Dank die Here vir ons Personeel: Liésl Knipe, Marlein van Deemter, Fred Wilken, Albert Troskie, Huibrie du Toit , Jaco Potgieter en Lazol. Bid ook vir Jan Theron (teologiese kandidaat) wat sy prakties in ons gemeente doen. Bid vir hom vir wysheid en krag. 

VRYDAG – Bid vir die predikante en pastore wat die Here geroep het om  landswyd Sy woord te verkondig. Bid ook vir ons predikante: Dr Chris van Wyk, Dr Kobus Prinsloo, Ds Rethie van Niekerk, Ds Deon Loots en Wimke Jurgens.

SATERDAG – Dit begin winter raak en koud. Bid vir die straatkinders, bosslapers en mense in plakkerskampe dat hulle hulp sal kry.


Continue Reading

Gebedsflitse 20 tot 26 Januarie 2013

SONDAG . Sê vir die Here dankie vir alles wat julle as gesin in die vakansie en met Kerstyd geniet het. Dat julle in die jaar wat voorlê in alles Sy teen-woordigheid sal ervaar.
MAANDAG – Bid dat alles goed sal verloop nou dat die skole begin het , die nuwe outjies gou sal aanpas en die onderwysers met nuwe moed die jaar se onderrig sal aanpak.
DINSDAG – In 2013 bestaan ons gemeente 30 jaar en die orrel 25 jaar. Bid dat alles wat gereël gaan word om dit te vier ‘n fees van dankbaarheid sal wees.
WOENSDAG – Dank die Here vir werkers wat opgehou het met staak en vir onderhandelings waar daar nog gestaak word.
DONDERDAG – Bid vir krag, sterkte en gesondheid vir ons leraars ds Rethie van Niekerk, dr Chris van Wyk. dr Kobus Prinsloo, ds Deon Loots en Wimke Jurgens. Bid vir Lièsl Knipe wat haar been gebreek het, dat dit goed sal herstel.
VRYDAG – Bid dat ons leraars wat voorberei vir Sondag se erediens onder die leiding van die Heilige Gees sal hoor wat die Here vir die gemeente wil sê.(Sit hulle name hier in asb)
SATERDAG – Bid dat lidmate met verwagting na die erediens sal kom om die Here te ontmoet, en vir seën op die Kindertyd en Kategese.

Continue Reading

Gebedsflitse 9 tot 15 Desember 2012

SONDAG – Gesels en bid saam oor hoe julle Kersfees gaan vier om die wonder van God se liefde vir julle en vir die wêreld te beleef. .

MAANDAG – Bid dat mense wat op reis sal gaan na hulle vakansie bestemming veilig daar sal aankom.

DINSDAG – Dat gesinsbande versterk sal word wanneer familielede in die vakansie meer tyd het om saam deur te bring.

WOENSDAG – Vir die leierskonferensie van die ANC dat die Here se wil sal geskied.

DONDERDAG – Dat pasiënte in die hospitale, bejaardes in Aftreeoorde, haweloses en alleenlopendes ook die teenwoordigheid en vrede van die Here sal beleef.

VRYDAG – Bid vir Ds Rethie van Niekerk en Wimke Jurgens en elke prediker wat voorberei vir Sondag se diens dat hulle sal hoor wat die Here vir mense in die Kerstyd wil sê

SATERDAG – Loof en prys God dat Hy die wêreld so lief gehad het dat Hy sy enigste Seun gegee het , sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Continue Reading

Gebedsflitse 9 tot 15 Desember 2012

SONDAG – Gesels en bid saam oor hoe julle Kersfees gaan vier om die wonder van God se liefde vir julle en vir die wêreld te beleef. .

MAANDAG – Bid dat mense wat op reis sal gaan na hulle vakansie bestemming veilig daar sal aankom.

DINSDAG – Dat gesinsbande versterk sal word wanneer familielede in die vakansie meer tyd het om saam deur te bring.

WOENSDAG – Vir die leierskonferensie van die ANC dat die Here se wil sal geskied.

DONDERDAG – Dat pasiënte in die hospitale, bejaardes in Aftreeoorde, haweloses en alleenlopendes ook die teenwoordigheid en vrede van die Here sal beleef.

VRYDAG – Bid vir Ds Rethie van Niekerk en Wimke Jurgens en elke prediker wat voorberei vir Sondag se diens dat hulle sal hoor wat die Here vir mense in die Kerstyd wil sê

SATERDAG – Loof en prys God dat Hy die wêreld so lief gehad het dat Hy sy enigste Seun gegee het , sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Pieter

    Jy kan uiteraard lees wat ek self oor Romeine en Efesiërs geskryf het:

    Maar, as jy ‘n bietjie dieper wil delf, kan jy kyk na die volgende bronne:

    • Faithlife Study Bible (korter kommentaar oor die hele Bybel)
    • NET Bible (kort tekstuele kommentaar oor die hele Bybel – gratis op YouVersion se Bible app)
    • Scripture Direct (uitstekende woordverklarings oor die hele NT – gratis as app)
    • Keener, C. S. The IVP Bible Background Commentary: New Testament (Second Edition). IVP Academic. 2014.
    • Vosloo, W., & van Rensburg, F. J. Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. 1993
    • Van Zyl, A. H.. Die Bybel verklaar: 1983-vertaling. Kaapstad: Lux Verbi. 1993

    Dan is daar natuurlik volbloed kommentare.
    Op Romeine:

    Op Efesiërs:

    • Lincoln, Andrew T. Ephesians WBC 1990
    • Bruce, F. F. The Epistles to the Colossians, to Philemon, and to the Ephesians NICNT
      1984
    • Foulkes, Francis Ephesians TNTC 1989
    • Stott, John R. W. The Message of Ephesians BST 1991
    • Fowl, S. E. Ephesians: A Commentary. Westminster John Knox Press 2012
    • Roberts, J. H. Die brief aan die Efesiers. N G Kerk-Uitgewers. 1990
    • William Barclay http://www.dannychesnut.com/Bible/Barclay/Galatians%20and%20Ephesians.htm
  • Avatar

    Pieter

    |

    Naand Chris.
    Kan jy my dalk help met goeie bronne om studie van Effesiers en Romeine te doen.
    Dankie vir jou wonderlike werk en leeringe

  • Avatar

    Petra Marneweck

    |

    Die inhoud van die preek bevestig wat hierdie week in ons Bybelstudiegroep bespreek is en versterk my geloof dat Jesus opgestaan het. Baie dankie vir die besondere boodskap

  • Avatar

    Dean van Wyk

    |

    Baie dankie Rethie vir hierdie inspirerende boodskap. Ek is oorspronklik van PE en woon nou 20jaar lank in PTA.
    In my stiltetyd vanoggend het ek Fil 2:12b-13 gelees en dit kan net deur die Gees van God wees dat ek op hierdie preek afgekom het.

    God seën jou bediening en geniet die see( ek beny julle).

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Hansie. Die Here is goed vir ons.