Daaglikse ondersoek

ie geestelike dissipline wat ons help om so `n lewe aan te leer, word genoem die daaglikse ondersoek (daily examen).
WAARVANDAAN KOM DIT?
St Ignatius, stigter van die Jesuit Society (of Society of Jesus).Gebore 1491 in noorde van Spanje. As jong man, hou van wyn, vroue, verslaaf aan dobbel. Op 30 gewond in `n geveg. Terwyl herstel lees stories van Christus se lewe. Was aangetrek na Jesus deur die effek wat Jesus op sy volgelinge gehad het. Terselftertyd ook aangetrokke gevoel tot `n vrou, roem en glorie. Kom agter dat sy dagdrome oor die vrou, tot rusteloosheid lei, terwyl sy nadenke oor Jesus vrede gebring het. Was begin van sy bekering, ook van sy lering oor geestelike onderskeiding deur middel van `n ondersoek van emosies, gevoelens en denke.
Hy het geleer dat die werk van die HG nie net aan die intellek openbaar word nie. God word in alles gevind, ook in ons gevoelens en emosies. Kom agter deur aandag aan dit alles te gee, word meer en meer bewus van wat God hom roep om te wees. Later het daarop aangedring dat almal wat aan die Jesuiete orde behoort, elke dag hierdie ondersoek moet doen. Ook aanbeveel vir enigeen wat ernstig is daaroor om `n geestelike lewe te lei. Dit is `n baie sekere manier waarop ons bewus kan word van God se leiding in ons lewe.
Watter voordele hou dit vir ons in?
Dit leer jou om jou aandag te fokus op waarmee God besig is.
Dit werk – mense pas dit al eeue toe en die wat dit doen se lewens word daardeur verander.
Dit leer jou hoe God ook deur jou emosies, gevoelens en gedagtes werk.
Dit sal jou baie meer bewus maak van dit wat God besig is om in jou lewe te doen.
Dit help jou om te ontdek wat dit is waarvoor God jou geroep het, wat sy wil vir jou lewe is.
y sal die krag van God sien werk in en rondom jou as jy dit getrou doen.
HOE WORD GEDOEN?
Geskikte tyd – Deel van daaglikse roetine, soos tandeborsel. Elke dag dieselfde tyd.
Word rustig, raak bewus van God se teenwoordigheid in jou. Vra God om jou te wys wat Hy besig is/was om jou te leer deur die gebeure van die dag.
Dink terug aan die dag, vandat jy opgestaan het. Laat dit voor jou afspeel soos `n video wat jy kyk.
Ø Dink aan alles wat gebeur het en hoe dit jou laat voel het.
Ø Let op die oomblikke in die dag wat jou nader aan God getrek het. Jy kan dit ontdek deur te let op die ervarings wat jou meer vrygewig, meer hoopvol, meer lewendig en kreatief, tye wat jy vrede ervaar het, opgewonde of tevrede. Soms kan pynlike ervarings jou ook nader aan God laat voel. Ignatius noem dit: “moments of consolation.”  Wat wil God vir my daaruit leer?
Ø Gebruik `n paar minute om vir God dankie te sê hiervoor, bêre die ervarings in jou hart sodat jy bewus kan bly van God se betrokkenheid in jou lewe.
Ø Dink nou aan tye deur die dag waar jy vervreemd van God, ander of jouself gevoel het. Tye wanneer jy gefrustreerd, ongemaklik, angstig of vasgevang gevoel het. Tye waar jy minder openhartig en minder oop vir God gevoel het. Ignatius noem dit: “moments of desolation.” Wat wil God vir my daaruit leer?
Ø Gebruik `n paar minute om daardie tye na God te bring. Vra dan vir die genesing, krag en vergifnis wat jy nodig het.
Ø Dink dan aan die dag wat voorlê en die genade wat jy daarvoor nodig het. Bring dit na God toe en vra vir sy leiding in dit.
Deur dit te doen, erken ons eenvoudig dat God die Here van ons lewe is, dat Hy lewend en aktief betrokke by ons is, dat Hy in ons woon en besig is om deur sy Gees vir ons wysheid en insig te gee. Sodoende word alles wat in en rondom my gebeur deel van God se gesprek met my. Dit kan ook nie anders nie, want God is totaal en al deel daarvan – dit is nou as jy werklik glo wat die Bybel van Hom sê en nie net `n godsdienstige lewe leef volgens tradisie nie. As jy dit wat jy op die manier leer, elke dag dan ook in `n joernaal aanteken, en dan weer op `n maandelikse basis gaan kyk wat God die afgelope maand vir jou geleer het, sal jy oor `n paar maande verbaas staan om te sien hoé aktief God besig is om in en rondom jou te werk.
Dit beteken dat ek erken dat God ook met my praat deur dit wat in my liggaam gebeur. Ek word al meer bewus van liggaamlike reaksies soos hoofpyne, migraine, maagpyn, gespanne skouer- en nekspiere, neerslagtigheid en skuldgevoelens. Die maklikste manier om daarvan “ontslae te raak”, en wat deur die samelewing rondom ons voorgeskryf word, is natuurlik medikasie. Drink `n pilletjie en voel beter, of eet `n sjokolade, of koop `n tydskrif, of gaan fliek. Alles maklike ontsnaproetes wat ons aanleer wanneer ons die dinge ervaar.
Dit sou baie meer van waarde wees as ons kan leer om ook hieroor by God stil te raak en vir Hom te vra: “Here waar kom hierdie kopseer vandaan?, Wat is die oorsaak daarvan?” Moenie dink dat dit net `n belaglike oefening is nie. Hy is `n lewende God en kan aan ons insig gee – dit is wat die werk van die Gees is, om vir ons wysheid en insig te gee. Ek het dit al so baie voor my oë sien gebeur, dat iemand na my toe kom met een of ander probleem en sê: ek weet glad nie waarvandaan dit kom nie. Dan sê ek, kom ons vra dat die Here dit vir jou sal wys. Dan bid ons en vra daarvoor, bly stil en wag op Hom. Na `n paar oomblikke dan sê die persoon: “Ek dink ek weet nou waarvandaan dit kom.” Dan het die Gees insig gegee deur iets na vore te bring, `n gedagte, `n herinnering.
Die manier waarop ons leer om so in afhanklikheid van die Gees te lewe, is deur dit in te oefen. Deur dit te doen, kan jy moontlik agterkom waarom jou liggaam op sekere maniere reageer in sekere omstandighede. Die Gees bring sekere ervarings terug in jou geheue, soms is dit nodig dat daar genesing moet plaasvind, dat jy verlos moet word van sekere vrese of angstigheid. Wanneer dit gebeur, dan reageer jou liggaam nie meer soos altyd nie.
Ek bid regtig dat jy sal hoor en verstaan watter tipe lewe vir ons as kinders van God moontlik is; sal insien watter moontlikhede van groei dit inhou; watter moontlikhede dit inhou om God beter te leer ken, om nader aan Hom te kom, om te groei in die verstaan en doen van sy wil. Dit is die lewe wat God vir sy kinders bedoel het, dat Hy werklik `n verskil in ons lewens sal maak, `n rol sal speel ons Herder sal word, ons Raadsman, ons Geneesheer en Verlosser, ons Vader, ons God!  Verlang u daarna?  Begin dan om op die manier te leef.

Die geestelike dissipline daaglikse ondersoek (daily examen) kom van St Ignatius, stigter van die Jesuïte orde.

Kort oorsig oor hom: Gebore 1491 in noorde van Spanje. As jong man, hou van wyn, vroue, verslaaf aan dobbel. Op 30 gewond in `n geveg. Terwyl herstel lees stories van Christus se lewe. Was aangetrek na Jesus deur die effek wat Jesus op sy volgelinge gehad het. Terselftertyd ook aangetrokke gevoel tot `n vrou, roem en glorie. Kom agter dat sy dagdrome oor die vrou, tot rusteloosheid lei, terwyl sy nadenke oor Jesus vrede gebring het. Was begin van sy bekering, ook van sy lering oor geestelike onderskeiding deur middel van `n ondersoek van emosies, gevoelens en denke.

Hy het geleer dat die werk van die Heilige Gees nie net aan die intellek openbaar word nie. God word in alles gevind, ook in ons gevoelens en emosies. Kom agter deur aandag aan dit alles te gee, word meer en meer bewus van wat God hom roep om te wees. Later het daarop aangedring dat almal wat aan die Jesuiete orde behoort, elke dag hierdie ondersoek moet doen. Ook aanbeveel vir enigeen wat ernstig is daaroor om `n geestelike lewe te lei. Dit is `n baie sekere manier waarop ons bewus kan word van God se leiding in ons lewe.

Watter voordele hou dit vir ons in?

Dit leer jou om jou aandag te fokus op waarmee God besig is. Mense pas dit al eeue toe en die wat dit doen se lewens word daardeur verander. Dit leer jou hoe God ook deur jou emosies, gevoelens en gedagtes werk. Dit sal jou baie meer bewus maak van dit wat God besig is om in jou lewe te doen. Dit help jou om te ontdek wat dit is waarvoor God jou geroep het, wat sy wil vir jou lewe is. Jy sal die krag van God sien werk in en rondom jou as jy dit getrou doen.

HOE WORD DIT GEDOEN?

  • Kry ‘n geskikte tyd,  Maak dit deel van jou daaglikse roetine, soos tandeborsel. Elke dag dieselfde tyd.
  • Word rustig, raak bewus van God se teenwoordigheid in jou. 
  • Vra God om jou te wys wat Hy besig is/was om jou te leer deur die gebeure van die dag. 
  • Dink terug aan die dag, vandat jy opgestaan het. Laat dit voor jou afspeel soos `n video wat jy kyk.
  • Dink aan alles wat gebeur het en hoe dit jou laat voel het.
  • Let op die oomblikke in die dag wat jou nader aan God getrek het. Ignatius noem dit: “moments of consolation.”
  • Jy kan dit ontdek deur te let op die ervarings wat jou meer vrygewig, meer hoopvol, meer lewendig en kreatief laat voel het, tye wat jy vrede ervaar het, opgewonde of tevrede. 
  • Soms kan pynlike ervarings jou ook nader aan God laat voel. 
  • Vra: Wat wil God vir my daaruit leer?
  • Gebruik `n paar minute om vir God dankie te sê hiervoor, bêre die ervarings in jou hart sodat jy bewus kan bly van God se betrokkenheid in jou lewe.
  • Dink nou aan tye deur die dag waar jy vervreemd van God, ander of jouself gevoel het. Tye wanneer jy gefrustreerd, ongemaklik, angstig of vasgevang gevoel het. Tye waar jy minder openhartig en minder oop vir God gevoel het. Ignatius noem dit: “moments of desolation.” 
  • Vra: Wat wil God vir my daaruit leer?
  • Gebruik `n paar minute om daardie tye na God te bring. Vra dan vir die genesing, krag en vergifnis wat jy nodig het.
  • Dink dan aan die dag wat voorlê en die genade wat jy daarvoor nodig het. Bring dit na God toe en vra vir sy leiding in dit.

Deur dit te doen, erken ons eenvoudig dat God die Here van ons lewe is, dat Hy lewend en aktief betrokke by ons is, dat Hy in ons woon en besig is om deur sy Gees vir ons wysheid en insig te gee. Sodoende word alles wat in en rondom my gebeur deel van God se gesprek met my. Dit kan ook nie anders nie, want God is totaal en al deel daarvan – dit is nou as jy werklik glo wat die Bybel van Hom sê en nie net `n godsdienstige lewe leef volgens tradisie nie. As jy dit wat jy op die manier leer, elke dag dan ook in `n joernaal aanteken, en dan weer op `n maandelikse basis gaan kyk wat God die afgelope maand vir jou geleer het, sal jy oor `n paar maande verbaas staan om te sien hoé aktief God besig is om in en rondom jou te werk.

Dit beteken dat ek erken dat God ook met my praat deur dit wat in my liggaam gebeur. Ek word al meer bewus van liggaamlike reaksies soos hoofpyne, migraine, maagpyn, gespanne skouer- en nekspiere, neerslagtigheid en skuldgevoelens. Die maklikste manier om daarvan “ontslae te raak”, en wat deur die samelewing rondom ons voorgeskryf word, is natuurlik medikasie. Drink `n pilletjie en voel beter, of eet `n sjokolade, of koop `n tydskrif, of gaan fliek. Alles maklike ontsnaproetes wat ons aanleer wanneer ons die dinge ervaar.

Dit sou baie meer van waarde wees as ons kan leer om ook hieroor by God stil te raak en vir Hom te vra: “Here waar kom hierdie kopseer vandaan?, Wat is die oorsaak daarvan?” Moenie dink dat dit net `n belaglike oefening is nie. Hy is `n lewende God en kan aan ons insig gee – dit is wat die werk van die Gees is, om vir ons wysheid en insig te gee. Ek het dit al so baie voor my oë sien gebeur, dat iemand na my toe kom met een of ander probleem en sê: ek weet glad nie waarvandaan dit kom nie. Dan sê ek, kom ons vra dat die Here dit vir jou sal wys. Dan bid ons en vra daarvoor, bly stil en wag op Hom. Na `n paar oomblikke dan sê die persoon: “Ek dink ek weet nou waarvandaan dit kom.” Dan het die Gees insig gegee deur iets na vore te bring, `n gedagte, `n herinnering.

Die manier waarop ons leer om so in afhanklikheid van die Gees te lewe, is deur dit in te oefen. Deur dit te doen, kan jy moontlik agterkom waarom jou liggaam op sekere maniere reageer in sekere omstandighede. Die Gees bring sekere ervarings terug in jou geheue, soms is dit nodig dat daar genesing moet plaasvind, dat jy verlos moet word van sekere vrese of angstigheid. Wanneer dit gebeur, dan reageer jou liggaam nie meer soos altyd nie.

Ek bid regtig dat jy sal hoor en verstaan watter tipe lewe vir ons as kinders van God moontlik is; sal insien watter moontlikhede van groei dit inhou; watter moontlikhede dit inhou om God beter te leer ken, om nader aan Hom te kom, om te groei in die verstaan en doen van sy wil. Dit is die lewe wat God vir sy kinders bedoel het, dat Hy werklik `n verskil in ons lewens sal maak, `n rol sal speel ons Herder sal word, ons Raadsman, ons Geneesheer en Verlosser, ons Vader, ons God!  Verlang u daarna?  Begin dan om op die manier te leef.

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Radie Rademeyer

    |

    Goeie dag
    Ek is n 79 jare oue mans persoon gesond sterk en baie gesond Ek sal baie graag by iemand wil bly wat hulp nodig het met vervoer om takies te verrig te help waar ek kan inslaap
    My naam is Radie Rademeyer kontak nommer 0732641032 verwysings beskikbaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Die probleem is dat eiename gewoonlik nie “die” vooraan het nie. Miskien moet mens dit as ‘n titel beem, want dsn maak die “die” sin. “Die Christus.” “Die Duiwel.”

  • Avatar

    mariette

    |

    ‘n Goeie môre vanuit en van die Baai se tipiese dae….
    Ernst sê:
    “Die gebruik van die hoofletter het met “sterstatus” eintlik bloedweinig te doen – wel met die spelreël in die AWS wat bepaal dat eiename so geskryf word. Vgl ook “die Bose” in Mat 13:19.”
    Persoonlik glo ek dat die betrokke vertalings ook maar saamhang met die ‘geloofsoortuiging’ van die betrokke partye, soos gees of met die hoofletter by Gees – soos dit in Johannes 3,en veral by 4:23-24, vertaal word.

    ‘n Baie geseënde dag toegewens, met ‘n hand-aan-hand se stap saam met Jesus in jou gees.

  • Avatar

    Mariette

    |

    Lekker as iemand so wakker loop, Alwyn.
    Ek het julle twee se opmerkings vir Ernst (Kotzé) aangestuur. Dan hoor ons bietjie wat hy sê.
    Seëngroete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek weet nie regtig die rede nie. Die 2020-vertaling vertaal al tien voorkomste van Duiwel in die NT regdeur met ‘n hoofletter. Dit is nogal vreemd met die “die” vooraan.

  • Avatar

    Alwyn Du Plessis

    |

    Askies 2020 vertaling Nie 2920 nie

  • Avatar

    Alwyn Du Plessis

    |

    Môre Chris .Help asseblief. Hoekom verkry die duiwel sterstatus in 2920 Bybelvertaling met ‘n hoofletter D Efesiers 4:27
    Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons gaan voort met daardie diens. Marlein van Deemter hanteer dit.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Oor die “ware” vertaling. Elke vertaling het sy waarde. Die 1983-vertaling is in makliker Afrikaans, maar meer onakkuraat. Die 1953-vertaling is ouer Afrikaans, maar baie na aan die oorspronklike teks. Die 2020-vertaling is meer moderne Afrikaans, maar ‘n meer direkte vertaling van die oorspronklike teks. Ek gebruik self nou die 2020-vertaling, maar lees ook graag in die ESV en die NET Bible. Kyk op Youversion se Bybeltoepassing.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Francois, dit is die 2020-vertaling van Bybelgenootskap. Jy kan dit gratis lees by https://biblesa.co.za/ of op hulle toep.

  • Avatar

    Francois Smith

    |

    Geagte Dr Chris van Wyk : ek het na U video geluister “WAARHEID vs DWALLEER , en omdat ek self ook in ons Wonderlike Vader Almagtig se Woord leef, het ek na die video tot die slotsom gekom dat die leiers in die Algemene Sinode ons Wonderlike Vader Almagtig GLADNIE KEN NIE , want net onkundige nie-weergebore mense kan die besluite neem wat hulle neem, soos U ons dit onder die aandag gebring het. Dr Chris, ek wil net weet uit watter Afrikaanse Bybel Vertaling leef en werk U , want ek herken nie die Woord wat U op die video gegee het. Ek het by Kairos Netwerk aangesluit om deel te wees van die soeke om die NG Kerk te stig in die volmaakte waarheid van ons Wonderlike Vader Almagtig, en dit was dan ook op Kairos Netwerk se whatsapp-groep lommunikasie waar ek hierdie week U genoemde video gesien het. Daar is 5 Afrikaanse Bybels op die mark, en meer as 360 Engelse Bybels…….WAT is volgens U die WARE Afrikaanse en Engelse Vertaling van al hierdie Bybels? Elke mens het ‘n unieke vorm van SPRAAK(Joh 8:43,44), en dan ook nog meer ons Wonderlike Vader Almagtig, dan ontstaan die HOE kan ons Vader Almagtig MEER as EEN vorm van spraak he’, vanwee al die verskillende vertalings? WIE in die Leierskap van die Kerklike Denominasies, KEN NIE die WARE SPRAAK van ons Wonderlike Vader Almagtig ? Daarom my vraag aan U, want indien ons die Evangelie van ons Vader Almagtig verdraaid aan mense verkondig, SAL hulle BLOED op ons hoofde wees. Vrede en liefde in Christus Jesus het ek vir U en die mede Gelowiges. Amen.

  • Avatar

    brian strydom

    |

    sal plasing van studente verblyf advertensie voortgaan?
    die dame wat oorbodig verklaar is was onseker
    mooi loop. Brian

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie!

  • Avatar

    mariette

    |

    Môre-môre!

    Dankie Chris. Die reeks dra baie praktiese wenke oor en is verrykende luistergenot vir elkeen. Elke dag iets nuuts om na uit te sien!

    Seën daarop toegebid
    Mariette

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?