Skip to main content

Tiramisù

Tiramisù

Van Tiramisù, ‘n baie populêre en bekende Italiaanse nagereg, kan jy op Google lees: “The literal meaning of Tiramisù in Italian is “pick me up” or “cheer me up”.

Dit is pure plesier om gewoon in Afrikaans te sê-vra:  tel-my-op, of beur-my-op!  En te verwagte is dit presies in die kol vir die visie van ‘n studiegroep, Tiramisù, wat nou na die Covidjare weer kop opgetel het. Elke byeenkoms is passievol gemik op groei in lewenskwaliteit, sowel as op innerlike sterkte en vreugde (“joy”). Gedagtig aan die stelling “Happiness depends on what happens to you. But joy means the inner joy in your spirit”.

By vrolike maandelikse saamkuiers gee kundige sprekers interessante aanbiedings oor die verskillende fasette van ons lewens, onder andere die fisiese, sosiale, gesin/familie, geestelike, psigiese, intellektuele, ensovoorts. Sulke sielsverrykende inligting, wat inderdaad ook gemik is op toepaslike vaardighede om juis situasies en gebeure beter te kan bestuur, sal jy waardevol vind om elke dag toe te pas.

‘n Groot deel van hoe tevrede ons voel of standhoudend gelukkig ons is, hang o.a. af van ons ingesteldheid. So ook van die gewoontes wat deel is van ons lewens, sowel as die bewustheid van en manier van leef van  elke dag. Deur die sleutelbestanddele daarvan en ook van besluitneming te leer ken, kan vir jou nuttig wees om daaglikse situasies te trotseer. Verder vind ons uit hoekom kennis oor die brein (o.a. van jou gemoed, gewoontes, neurobane) en die rol van die onderbewussyn, noodsaaklik is om bv. die regte keuses te maak, asook om uitdagings, soos leed en emosionele pyn beter te kan hanteer en verwerk.

Ja, daar is baie om te trotseer op ons daaglikse pad, hetsy ekstern, d.w.s. in ons omgewing en huise, of innerlik in jouself. Dus ook gewone dinge soos teleurstellings, verliese en te min selfdissipline.  Genade hier is dat ons mekaar se lewens kan verryk. Ons kan ook mekaar inspireer positief te dink en met veerkragtigheid die dag aan te pak.

N.a.v. navrae vir ‘n weeklikse kleingroep wat gerig op geestelike groei en verryking, maak Dixit Deus¹ voorsiening.  Deur saam die Bybel in opregtheid te lees, en aan die hand van geestelike dissiplines leer ons om fyn te luister en om God se stem te herken. Dan word om in Sy teenwoordigheid te kan leef ‘n daaglikse werklikheid. Vorentoe kan jy ook God se aanraking beleef of om in die Lig te kom en Hom te aanskou. Dít is sonder meer ‘n uitsonderlike aha-oomblik en die grootse en lewensveranderende ervaring van jou lewe.

Seënwense. En kom stap saam op die pad wat God vir ons sal aanwys.

Mariette Rossouw (mariette@mweb.co.za)²

041 583 3456 / 082 801 2801

NASKRIF:

¹  Dixit Deus is die Latyn vir “God praat” en dit word uitgespreek as “Dieksit Dyou”.

²  Vir verdere inligting oor die bg. twee byeenkomste, kontak ons gerus. Junita is by 041 585 5959. Ons maandelikse samekoms is by haar gastehuis: Conifer Beach House, Windermereweg 39, Humewood. Die fasiliteite is baie geskik vir velerlei funksies, en selfs ook vir onthaal of etes wat jy andersins sou wou reël.

OP PAD MET GOD: DISSIPELSKAP VIR VANDAG – 2024

Puik. Skitterend. Indrukwekkend. So reageer die W.A.T. as jy die wakker-bly-breinspeletjie, Wortel, vinnig voltooi het. Maar as jy geflop het, kry jy… ontwortel. Dit voel maar vrot, nè!? Deur net van die ervarings hier te lees, bewys weer dat woorde ‘n baie sterk gevoelswaarde het. Soos sukses. Dit kan uiters lekker voel en selfs soet smaak!

Henry Blackaby vra in “Beleef God” oor watter eienskap van God – soos in sy Woord – wat jy oor die jare ondervind het vir jou waarde dra. Dalk Sy liefde. Of Sy teenwoordigheid wat dan elke dag se mense wat jy ontmoet, voorvalle en geleenthede Godsvallig maak, want niks is meer vir jou toevallig nie. Of Sy alwetendheid; soms nog voor jy vra, gee Hy. Of daar waar God se trou vir jou innerlik betekenis en gevoelswaarde het, kan dit ook “hemels” voel.

Woorde dra emosies. En wanneer God deur sy Woord met jou praat, kan jy vir seker weet dat as jy fyn sou luister, dit ‘n kragtige uitwerking in jou lewe sal hê. Ook dat God, wanneer jy na Hom roep en soek, ‘n beplande roete – wat jy vir jou lewe sou hê – verander terwyl Hy met jou op pad is.

Juis as antwoord op Sy roeping vir ons hier, seën Hy ons met ‘n vars, besielende visie vir die handel-en-wandel en vernuwing van kleingroepe. By Dixit Deus, Latyn vir “God praat”, is God self die Hoofkarakter en wil met elkeen in die groep deur sy Woord praat. In eenvoud lees ons saam die Bybel, want om God se Woord besielend te kan beleef en Sy werklikheid beter te kan raaksien, vorm die kern van geestelike groei.

Ja, God wil nog steeds deur sy Woord verdieping in elkeen se verhouding met Hom bring. Daarvoor is daar verrassende wyses wat Gordon McDonald en Adele Calhoun ons leer, omdat geestelike gewoontes (ook dissiplines of beginsels genoem) bydra tot ‘n groeiende besef van God en sy Wil vir elkeen se lewe. Dit is egter óns wat nuwe geestelike wyses en gewoontes moet aanleer en dit ook moet vestig!

Dixit Deus is vir elkeen wat op die uitkyk vir ’n nuwe lewensvisie is, of ‘n afplatting ervaar, ‘n ander geestelike tuiste soek en geestelik wil groei, of omdat jy maar net ’n ware soeke na die HERE God het. Kom dus gerus mee op hierdie pad saam met God, waar jy deur dissipelskap tesame met die opgestane Here Jesus kan wandel.

Op ‘n dag kan God jou bring tot ‘n uitsonderlike aha-oomblik, om saam te stem met Job (42:4): “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê. Maar nou het ek U self gesien.” Dit is waar jy op die heilige grond van sy Goddelike teenwoordigheid ‘n unieke en lewensveranderende ervaring het. Verruklik. Groots. Subliem-hemels!

Liefdevolle seëngroete in Christus!

Mariette Rossouw (Oktober 2024)

Continue reading

OP PAD MET GOD – DISSIPELSKAP VIR VANDAG 2021/2022

By OP PAD MET GOD poog ons om op ‘n vars en nuwe manier na geloof en na dissipelskap te kyk en daarmee saam ook na die inhoud van God se roete en Sy plan vir jou lewe.

Op jou lewenspad behels dit gewoon ‘n rustige hand-aan-hand wandel met die opgestane Here Jesus – en wel op ‘n innerlike reis saam met God jou Vader, besonderlik beplan in Sy unieke mosaïek net vir jou.

Met die saam-lees van die Bybel is daar verrassende wyses hoe geestelike gewoontes (ook dissiplines genoem) jou gaan help om te leer WIE God is en ook HOE God is, en om elke dag die werklikheid van God te kan raaksien en te kan beleef.  Jy sal kan ontdek op watter wyses God praat en hoe Hy met jóú praat. Ook die wyse en inhoud van Sy antwoord op jou soeke na Sy wil, en selfs ook van gelowiges rondom jou.

Op hierdie geestelike roete kry ’n ontmoeting-met-God en ’n aanraking-deur-Hom ‘n héél nuwe inhoud.  Vervolgens sal jy mettertyd vind dat jy in jou gees ervaar dat die Gees van Christus met jou gees resoneer en ook immer bybly, asook dat die Gees jou bly bekragtig om saam met Jesus te leef.

Continue reading

OP PAD MET GOD  2020 – Dissipelskap vir vandag

By OP PAD MET GOD kyk ons op ‘n vars en nuwe manier na geloof en na dissipelskap, én na die inhoud van ons lewenspad saam met God.  Dit behels gewoon ‘n hand-aan-hand wandel saam met Jesus op ‘n innerlike reis met God, en wel op ‘n roete wat Hy uniek in ‘n mosaïek vir ons elkeen persoonlik beplan het.

Met die saam-lees van die Bybel is daar verrassende wyses hoe geestelike gewoontes – ook dissiplines genoem, jou kan help om te begin verstaan WIE God is en HOE God is, en om die werklikheid van God in jou daaglikse lewe te kan raaksien en beleef.  Ons gaan saam met mekaar stap op hierdie ontdekkingreis,

Jy sal saam hier kan ontdek op watter wyses God praat en veral hoe Hy met jou praat, asook wat Sy wil vir jou eie lewe is.  Op hierdie geestelike roete kry ’n ontmoeting-met-Hom en ’n aanraking-deur-Hom ‘n héél nuwe inhoud.  Vervolgens sal jy vorentoe kan vind dat jy in jou gees ervaar dat die Gees van Christus jou immer bybly, en met jou gees resoneer, asook dat dit jou bly bekragtig om saam met Jesus te leef.

Continue reading

OP PAD MET GOD 2019 – Dissipelskap vir vandag

By OP PAD MET GOD kyk ons op ‘n vars en nuwe manier na geloof en dissipelskap, en na die inhoud van ons lewenspad saam met God.  Dit behels gewoon ‘n hand-aan-hand stap saam met Jesus op ‘n innerlike reis saam met God en op ‘n roete wat Hy uniek in ‘n mosaïek vir ons elkeen persoonlik beplan het.

Met die saam-lees van die Bybelis daar verrassende wyses hoe geestelike gewoontes – ook dissiplines genoem, jou kan help om te begin verstaan WIE God is en HOE God is, en om die werklikheid van God in jou daaglikse lewe te kan raaksien en beleef.

Jy gaan ontdek op watter wyses God praat en veral hoe Hy met jou praat, asook wat Sy wil vir jou lewe is.  Op hierdie geestelike reis kry ’n ontmoeting-met-Hom en ’n aanraking-deur-Hom ‘n héél nuwe inhoud.  Vervolgens kan jy vind dat jy in jou gees ervaar dat die Gees van Christus jou immer bybly en met jou gees resoneer, asook dat dit jou bly bekragtig om saam met Jesus te leef.

OP PAD MET GOD is vir elkeen wat geestelik wil groei, na ’n nuwe lewensvisie verlang, ‘n geestelike tuiste soek, ‘n afplatting ervaar, en/of ’n ware soeke na God het.  Ons reis dus rustig saam met behulp van die onderstaande geestelike gewoontes.  Daarvoor benodig jy net jou Bybel en A4-skryfboek.

Continue reading