Fondsinsameling 2011
Hierdie gemeente het van die begin af die vermoë gehad om nuut te dink as iets nie meer so goed werk nie. Ons kermisse was deur die jare baie suksesvol en ’n vaste punt op die gemeenskapsagenda. Dit was die jare van Dalene Curtain, Joan Bam en hul vele bekwame tafel- en stalletjie koördineerders. Toe die bywoning begin afneem het, en die werkers ’n bietjie minder geraak het, het die finansies kommissie verlede jaar iets nuuts probeer. ’n Klomp kleiner fondsinsamelings regdeur die jaar is gehou, waarin elke lidmaat iets kon aanbied. En dit was ’n reuse-sukses. Verkopings, veilings, vriendskapsetes en nog vele ander geleenthede het ons die teiken vir die jaar gemaklik oorskrei. Ons het R59 000 ingesamel! Dankie aan almal wat meegewerk en dit ’n groot sukses gemaak het.