PASSIE VIR CHRISTUS 2008

Wat en wie is Passie vir Christus?

Dit is jy, dit is ek, dit is julle, dit is ONS!  Dit is NIE ‘n persoon, “hulle” of ‘n komitee nie. Dit is wat op jou hart lê, dit is wat jy voel, ervaar en vir HOM wil doen, gee en lewe. Dit is samesyn.  Dit is liefde gee en ontvang.  Dit is vriendskappe maak, vriendskap gee en vriendskap ontvang.  Dit is lag en geniet.  Dit is omgee.  Dit is gesellig en dit is veral  lekker!  Dit is gemeente waarvan ek deel is en dit is my mense.

“Passie vir Christus” is verlede jaar begin en ‘n klein vlammetjie is aan die brand gesteek wat gelei het tot die groot sukses van die baksteenprojek.  Maar omdat die kerk voortdurende groot finansiële verpligtinge het en die enigste bron van inkomste uit lidmate kom, het verskeie lede gevoel dat die “passie” iets is waarop die gemeente moet voortbou.

So het verskeie gemeentelede suksesvolle aktiwiteite ge-inisieer en georganiseer om nie net ons fondse aan te vul nie,  maar om ook veral aan die breë behoefte van samesyn en geniet binne die gemeente te voorsien. Ons dink aan:

–    lofsangdiens en wegneemetes
–    Walton Park se kermis
–    “Internasionale” ete en wynproe
–    Padkafee
–    Manne-ontbyt
–    Manne-aand

Gemeentelede het spontaan na vore gekom met projekte en idees.  Ons vertrou dat daar in die nuwe jaar ten minste elke maand een of ander aktiwiteit aangebied sal word.

‘n Beroep word dus gedoen op alle gemeentelede, bestuurslede, selgroepe, kleingroepe, gesinne, gebedsgroepe, bedieninge, jeuggroepe, aksie-groepe, kunstenaars, musici en skrywers – of te wel ‘n beroep op ek en jy – wat gedagtes en idees het om ‘n lekker gemeente-aktiwiteit of -projek te loots of aan te bied, om gerus met Liésl by die kerkkantoor kontak te maak.

Het JY ‘n passie?

Ronelle Boshoff

Continue Reading

Manne-ontbyt saam met Dr. Stephan van der Watt

Die uitdaging van Christen-man wees vandag.

Manne-ontbyt saam met Dr. Stephan van der Watt.
(Stephan is predikant by die NG Kerk Aliwal-Noord en het ‘n doktorsgraad oor die uitdagings van Christen-man wees vandag.)

Saterdag 18 Oktober om 8:00
NG Kerk Somerstrand
Louis Bothasingel 77
Volwassenes R75
Leerders en Studente R50
Kaartjies by Kerkkantoor, NGK Somerstrand 041 583 5115 (kantoorure)
Kom kuier saam met ander manne om ‘n heerlike ontbyt!
(Stephan sal ook die aanddiens van 19 Oktober om 18:30 by Somerstrand lei.)
Continue Reading

Passie vir Christus – vierde kwartaal 2008

Die Passie vir Christus se Lentefees word voortgesit in die vierde kwartaal met drie geleenthede:

  • ‘n Mannedag saam met dr Stephan van der Walt op 18 Oktober, ‘n kundige op die gebied van manlikheid,
  • ‘n Potjie-manne-aand saam met Johan Griesel op 21 Oktober – net 60 kaartjies!
  • ‘n Kaskar resies by die kerk.

Hou die aankondigings dop!

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Elrike Claassen

    |

    Jong dame, eerstejaars student in 2018, opsoek na studente verblyf.
    Ernstig oor studies, verantwoordelik en het sober gewoontes(rook en drink of kuier nie). Verkieslik veiilige ondedak parkering vir klein motor.
    Prysklas tussen R1500-R2500.

    Kontak my asb.
    0822380396

  • Avatar

    Kobus Kloppers

    |

    Baie dankie vir die preek. Baie geniet en baie stof tot nadenke gegee.

    Seenwense

  • Avatar

    Rethie van Niekerk

    |

    Daar is 3 skakels na die inskrywingsvorm hier bo, by “Inskrywings sluit 22 Januarie 2018″, “Skryf asb in voor 22 Januarie 2018″ en by “Kliek hier om in te skryf”. 😀
    En hier is die direkte skakel: https://goo.gl/EdsAJS
    Sien uit om julle te sien! [sit dansende mense in jou verbeelding hier]

  • Avatar

    WERDINE

    |

    Rethie,
    ek wil net weet waar skryf ek in vir die kamp? ekt op die link gekliek maar dit gee nie vir my n inskrywingsvorm nie. ek kom kamp toe saam met kobus so sal sommer vorm en geld kan invul en gee. geseende kersfees vir julle.

  • Avatar

    Marie Albertyn

    |

    Goeie Middag
    Ek sien u het verlede jaar verblyf gesoek vir u seun. As u van nog seuns weet, ek het n baie lekker kamer met kombuis en badkamer vir n seun.
    Tel.: 041-5831173 of 0842513492