Bybelskool 4de kwartaal 2014
Die laaste vyf boeke van die NT kom hierdie kwartaal aan die beurt by www.bybelskool.com. Ons lees die brief-boodskap van een van die leiers van die huisgemeentes van Rome, Hebreërs. Ook die briewe van twee broers van Jesus, Jakobus en Judas. Daarby kom die twee briewe van Petrus, die apostel en leier van die vroeë kerk.
- HEBREËRS – ’n Boodskap van bemoediging
- JAKOBUS – Praktiese Christenskap
- 1 PETRUS – Volhard vol vreugde in vervolging en lyding
- 2 PETRUS – Hou vas aan die ware evangelie
- JUDAS – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof
Elke weeksdag plaas Chris ’n bydrae by www.bybelskool.com van 21 Oktober tot 25 November. Skryf daar in met jou e-posadres. Dit is gratis. Chris sal DV dit mettertyd ook as e-boeke beskikbaar stel (ePub en mobi).
Chris bespreek ook die briewe en van die kwessies wat daarin aangeraak word in ons gereelde byeenkomste in Somerstrand Gemeente: Hoe praat God vandag, watter rol speel buitengewone tekens en gawes, hoe moet ons dink oor die doop en verwante sake, hoe lyk praktiese Christenskap, hoe hanteer ons vervolging en lyding, watter plek het dogma en hoe hanteer ons dwaalleer.