Boekbekendstelling
Twee nuwe boeke deur Chris van Wyk: “Wat glo jy?” en “Wie is God?“
Kan jou laerskoolkind antwoord as iemand vra wie God, Christus en die Gees is? Die boek “Wat glo jy?” beantwoord die mees algemeenste vrae oor God, Christus, geloof en die Gees. Elke antwoord word begrond uit die belydenisskrifte en aangevul met ‘n Bybelse verhaal of gelykenis. Dit is geskryf in samehang met “Wie is God?” wat gerig is op tieners en volwassenes. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke sodat hulle met kinders kan gesels.
“Wie is God?” is gerig op tieners en volwassenes. Die boek beantwoord ook die mees algemene vrae oor wie God is, sy wese en sy werke. Deur 52 kernantwoorde te gee oor God, Christus en die Gees word die grondbeginsels van die Christelike geloof vasgelê. Elke antwoord word aangevul met vier of meer Bybelse aanhalings. Daar is ook verwysings na die belydenisskrifte wat die antwoorde dieper begrond. Dit is ideaal vir gebruik in Bybelstudiegroepe.
Bekendstelling Sondag 25 Maart 10:00 in die konsistorie. Boeke beskikbaar teen R80 elk.